Ons het heel verligtend ons oë oopgemaak, en gesien die wêreld het toe nie vergaan nie, wel, nie hier by ons nie. Breakfast was vir die hoeveelste keer 'n damn bun met jam en swart koffie, en dan wil hulle jou 3 Soles charge vir 'n bietjie melk...se gat man! Ons is na breakfast opgetel deur ons toer bussie vir die dag om die Sacred Valley te gaan verken, dit begin net so buite Cusco, en dis 'n klomp Inca ruins. Ons eerste stop Pisac, dit het bestaan uit 'n klomp terasse, mure en geboudjies ongeveer moer lank terug. Pragtige view. Die lug in die vallei is so skoon, orals groei daai 'ou mans baard', selfs op die kraglyne en die natuur lyk baie soos die laeveld. Ons het by Urubamba gestop vir middagete, en toe
... read more