Advertisement
Dag 3 Rome. Vroeg (6:30) gestap van ons apartment om die toerbusse by die Vatikaan mis te loop en dis verbasend hoeveel werkers reeds op straat besig is – met konstruksie en munisipale werkers langs die Tiber, terwyl hulle tot saans 11uur vuilgoed oplaai. Voor sewe in die oggend sit talle kafee reeds vol werkers en tot na 12 is die strate en kuierplekke vol. Die Romeine is nie lui nie.
Het St Peters basilica net na die begin van die 7uur nagmaal gehaal – twee stywe-lip mannetjies het drie meisies met kortbroeke en minis weggewys (lees die kinders nie vooruit nie en sien hulle nie al die tekens op die plein oor kleredrag nie?) maar al ons kameras was OK. Die Pieta is so ver agter glas weggesteek jy kan hom net met ‘n verkyker sien, maar ons het darem die gipsafbeelding in die Vatikaan museum gesien. Interessant dat daar in elke inham ‘n aparte nagmaal gehou word. Die kunswerke en altaargoud is oorweldigend.
Nie besef die museum en Sistynse kapel is kilometer verder nie en al die “skip the line” touts wat hul begeleide toere verkwansel op pad het mens amper oorreed, maar op die ou end
was ons bly ons het nie geswig nie. Na uur se wag in ry vir die kaartjieskantoor om 9 uur oop te maak, was ons 5 oor 9 binne en reg om ons audioguide toer te begin. Die “kyk hoe wonderlik is die Roomse kerk” aanslag van die guides is nogal irriterend – ek kan nie glo Matisse, Paul Klee, Kandinsky, Chagall, Munch, Salvador Dali en al die ander moderne latte se kuns wat daar hang is geskep om die kerk te verheerlik instede om ‘n geld te kry by die manne met die diep sakke nie. Net arme Van Gogh kon selfs nie sy Pieta voor sy dood aan die kerk verkoop kry nie. Hul yl oes moderne kunstenaars kom darem nie naby aan Parys nie.
En Rafael se goed is nou wel impressive, maar ‘n kunstenaar wat toelaat dat alma landers se kuns uit die pous se vertrekke gegooi word sodat net syne daar kan hang …?! En hulle het nie alleen elke manlike beeld gekastreer of ‘n baie lelike vyeblaar voorgehang nie, hulle het dit selfs met die kindertjies gedoen! Die kerkmanne is nie so sterk op vrouebeelde nie (nie wat ons kon sien nie).
Die gruwelike maniere waarop die saints doodgemaak word en die talle Marias wat in die lug rondsweef werk lateraan op ‘n ou se maag. Selfs da Vinci se skets van ‘n holoog en uitgeteerde St Jerome sal, myns insiens, kinders nagmerries gee, al is dit een van die Top 10 Masterpieces in Rome.
Die Sistynse kapel is asemrowend, al lyk dit soos Nuweland met ‘n eindstryd as jy inkom. As jy eers staanplek in die massas het, vergeet jy gou van die drukkende skare. Dit alleen is, inderdaad, al die voetseer en wag werd.
So mal soos ons oor Rome is – dis die mooiste stad wat ons nog gesien het met ‘n pragtige piazza om elke hoek, die argitekte het klaarblyklik goed by Michelangelo geleer – moet ons saamstem hul busdiens en internetselsel is vrotter as ons s’n. Dit sou vinniger en minder moegmakend gewees het om die halfuur lank terug te stap as om halfuur op ‘n oorvol bus te staan.
Probeer nou al van ons aankoms met die Free Wifi in Centro Historica aanskakel sodat ons op web kan kom en blogs stuur. Nommers wat geadverteer word (ook vir toeriste-kantoor) is verkeerd en die mense praat net Italiaans. Het deur Kindle prober surf, maar sites net in Italiaans. Het uiteindelik website gekry wat verduidelik jy moet sim kaart koop – as ons dit uitgefigure het is ons dalk binnekort online!
Die aand Campidoglio toe gestap – die plein ontwerp deur Michelangelo, maar was nie heeltemal donker nog nie. Op pad nog ‘n magical moment: iemand wat klavieruitvoering gee in die ruienes van Teater van Marcellus. Toe ontdek hoe ‘n lekker plek ons area is en waar die toeriste-retaurante is. Sover ons favourite in Rome ontdek – 50 meter van ons voordeur aan ‘n kant van die gebou wat ons nog nie was nie: vol? seg die man toe ons vra – en slaan summier nog ‘n tafel en stoele voor die roomysplek langsaan op! Osso bucco en afval ongelooflik … ‘n geur wat ons nie kon identifiseer nie. Elke gereg onder 10 euro.
Advertisement
Tot: 0.079s; Tpl: 0.01s; cc: 9; qc: 49; dbt: 0.0405s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1;
; mem: 1.2mb
lunelle
non-member comment
Sjoe! ek is omtrent jaloers! ek het ook lankal my hart verloor op Rome: die stad waar 'n mens glad nie water hoef te koop nie en jou bottel kan volmaak met die soet yskoue water vanuit die ondergrondse riviere, by die waterpunte oral langs die pad; ons het ook ontdek dat meeste restaurante 'n "happy hour" het teen 5 uur die middag. Jy hoef net een "drink" te bestel en kry dat cocktail-happies tot ongeveer 7 uur! Verniet! Restaurant bo by die Spanish Steps was ons gunsteling elke middag! Die Trevi is 'n fees baie vroeg in die oggend voordat al die toeriste opdaag. Dan sien jy al die duiwe wakkerword en hoe al die locals hulle tafeltjies en stoeltjies uitpak en oor en weer chat. 'n Heerlike Italiaanse ervaring! dankie dat julle my nou weer wonderlike herinneringe laat herleef!!