Dag 2


Advertisement
Italy's flag
Europe » Italy » Emilia-Romagna
June 6th 2012
Published: June 9th 2012
Edit Blog Post

Dag 2: Het besluit om vandag kalm te neem om te herstel van die min slaap op pad hierheen en na middernag in die bed kom van ons eerste aand.

Vittorio Emmanuelle II, ofte wel “the wedding cake” – ‘n paar verdiepings marmer wat ek aannneem twee eeue later nog die Romeine laat voel “not quite done” ter nagedagtenis van die koning wat in die eerste unifiseerde Italie geheers het – is een van Rome se “best kept secrets”. Van die dak af kry jy ‘n 360 Grade vista van die hele Rome – met kaarte wat besienswaardighede aandui. Beter as Parys van die Eiffel toring af. Ons het duisende fotos geneem – en die beste van als is, geen toeriste-crowds nie.

Die Campo di Fiori mark, waar ons gehoop het om eetgoed vir lunch te koop, is ‘n paradys vir groente-eters (die mooiste tamaties en bont boontjies) maar helaas geen kase en vleise soos ons gehoop het nie. Die arme filosoof Bruno Giordano staan maar so kop onderstebo tusen die stalletjies op die plek waar die kerk hom verbrand het – die plein was glo ‘n gewilde plek vir terregstellings.

Ons het intussen geleer: volg die perdekarretjies en toeriste-stalletjies na enige besienswaardigheid, soos bv die Pantheon of Trevi-fontein. Ewe skynheilig maak hulle jou stil in die Pantheon want dis ‘n kerk – maar daar sit die vrouens en verkoop “audio guides” en almal staan voor almal om fotos te neem. Trevi fontein moet jy omtrent tou staan om voor te kom om foto te neem. Hoe de donder het Fellinni almal reggekry om die Anita Ekberg toneel in La Dolce Vita te verfilm?

Maar tog, rondom hulle, weg van die massa, is stiller pleine met sulke “magic moments” soos die busker met sy viool op piazza San Pietro waar die oorblyfsels van temple Adriano wys hoe die straatvlak van Rome gestyg het – ‘n plein waar twee latte opgedress soos Centurions hul gewig rondgooi (en waarskynlik soos die ander 10 euro vra om te pose); of Marcus Aurelius se obelisk (genuinely uit Egipte, nie soos die ander namaaksels nie, en ‘n wonderlike winkeltjie waar ‘n omie steeds staan en die ongelooflikste houtgoed maak (soos Pinocchio op ‘n motorfiets).

Het die slag geluk getref met ons eetplek, in onse Jewish Ghetto – Saltiimbocca is nou ons albei se gunsteling-gereg. Jewish-ghetto glad nie die toeriste-area wat die boeke se nie. Party plekke grillerig verlate – maar dan kom jy op ‘n magical plein af, soos Piazza Mattei net om die draai waar die skilpad-fontein (afgerond deur Bernini) staan voor die huis van die klong wat sy skoonpa daarmee wou beindruk.


Additional photos below
Photos: 4, Displayed: 4


Advertisement



Tot: 0.129s; Tpl: 0.026s; cc: 9; qc: 49; dbt: 0.0606s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.2mb