Dag 4


Advertisement
Italy's flag
Europe » Italy » Emilia-Romagna
June 8th 2012
Published: June 10th 2012
Edit Blog Post

Dag 4 – ‘n Tawwe een met die son wat bak al die pad deur die Forum en Colosseum. Was eers vies dat jy die audioguide vir die Forum binne 3 uur moet terugbring, maar in retrospek miskien goed. Drie uur oor ongelyke klippers en marmerblokke en teen die Palatine heuwel op werk op ‘n ou se voete – veral as die Colosseum dan nog voorle.

Interessante interpretasie van die blomme wat die Romeine nog op die stapels klippe kom sit waar Caesar verbrand is – heeltemal onwettig natuurlik, moes buite die stad langs die Tiber gebeur het, maar toe klim Mark Anthony op die rots (lekker sitplek nou) en stop die prosessie met sy “friends, Romans…” en die gepeupel dra stoele en tafels aan en brand hom net daar. Iedergeval, ‘n Italianer se van die hope ruikers wat daar le: “See how much we love Caesar”. Toeris: “Someone hasn’t for a long time” want dis als maar bra uitgedroog.

Op die Palatine Hill voor Augustus se huis is die ornamentele tuine uitgeplant met blou plumbagos uit die “Cape of Good Hope”. Die enigste plant waarvoor hulle op die kennisgewings erkenning gee. Tog vreemd, dis dan een plek waar die Romeinse Ryk nie ingedring het nie.

Die tip uit die gidsboeke werk: koop jou kaartjie vir die Forum, Palatine en Colosseum by die Forum. Ons het feitlik geen tou gehad nie. Toe ons omstap na die Colosseum kon ons lekker by die toue en toue en toue mense verby reguit instap. Weet nie hoekom nie – vind die Forum baie interessanter – die Colosseum maak mens net moeg met al die klein trappies. Die ou Romeine moes baie klein voetjies gehad het.

Interessant tog dat hulle later na Konstantyn al die ongelyke mens-teen-dier gevegte en verbrandings (deur die veroordeeldes te maak “dans” deur hul tunieke aan die brand te steek) gestop het, regte sirkusse gehou het met akrobate en wilde diere. Die akrobate het oor die diere se koppe hul toertjies gedoen en daar was ‘n elaborate stelsel as van die diere dalk ontsnap.

Die son en voetseer maak mens nie barmhartlik voel nie en het niks eers vir die “Centurions” gevoel wat in hul blik harnasse en helmets gekook het nie.

Het onssself gaan lawe in die Ierse pub wat himself Scholars Lounge noem.

Was daarna so pap dat ek (Trudi) sommer dwarsdeur gaan slaap het en selfs Nicol (met baie meer energie) nie kans gesien het vir rondloop nie.


Additional photos below
Photos: 4, Displayed: 4


Advertisement



Tot: 0.128s; Tpl: 0.02s; cc: 8; qc: 50; dbt: 0.0752s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.2mb