Amazon Dag 2


Advertisement
Peru's flag
South America » Peru » Madre de Dios » Puerto Maldonado
December 26th 2012
Published: December 29th 2012
Edit Blog Post

Ons moes al 4:30 opstaan, en het toe vir so 15 min rivier op gevaar. Ons klim toe by so moddermass af, gelukkig het ons gum bootse van die lodge aan. Ons het geloop na so uitkyk punt, by 'n 'clay lick'. Dis 'n wal waar makoue, parekiete en pappegaaie klei eet vir ekstra aanvulling vir hulle dieët, en hulle kom elke oggend vroeg daar verby. Daar was eers net so paar toe ons daar aankom, en binne minute was dit oortrek met voëls en dit het geklink soos 'n kerk bazaar! Ogelooflik! Daar was honderde groen en blou voëls, die mooiste kleure. Ons is toe weer terug, en het 'n heerlike ontbyt gehad. Van daar af het ons toe weer so 15 min op die rivier gevaar oppad na 'n oxbow lake. Ons het seker so halfuur gestap tot by die lake en toe van daar af het ons op 'n catamaran gevaar opsoek na 'giant otters'. Dit was vrek warm gewees, en seker na amper 'n uur op die water het ons uiteindelik 'n otter se koppie sien uitsteek doer in die water. Ons het toe vir 'n rukkie agter hulle aangegaan, en al 7 wat daar woon gesien. Die catamaran stop toe naby die oewer, en ons elkeen kry 'n stok, met vislyn, 'n klein vishoek en 'n stuk rou hoender vir aas, ons het gelyk soos Tom Sawyer en Huckleberry Fin. Ons vang toe so waar as wragtag piranahs en vars water sardiens. Christo het sommer een van elk gevang! Toe ons terug vaar met die cataraman kry ons lekker reën, wat 'n lafenis. Oppad terug na die lodge, het ons 'n 'bullet ant' gesien, dis so pikswart mier, omtrent 5cm, en blykbaar het as hy jou byt, voel dit of jy geskiet is, en die pyn duur tot 48 uur! Die res van die middag het dit maar so aan en af gereën, en ons sou vir 'n middag stappie gaan, maar dit het uitgereën.Ons is al amper 24 uur lank in die wêreld se grootste reënwoud, en ek dink ek het al amper 50 insek byte!

Advertisement



Tot: 0.115s; Tpl: 0.009s; cc: 8; qc: 50; dbt: 0.0408s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb