Amazon Dag 1


Advertisement
Peru's flag
South America » Peru » Madre de Dios » Puerto Maldonado
December 25th 2012
Published: December 29th 2012
Edit Blog Post

Ons is laat oggend lughawe toe vir ons vlug na Puerto Maldonado. Die vlug was onder 'n uur, ons het net begin opstyg, toe begin ons al klaar weer sak. Toe die deure van die vliegtuig oopgaan, slaan 'n hitte ons, ek dog nog ewe dit was die warm wind van die vliegtuig se enjin....toe nie....dis maar die weer. 'N humidity van 80% en 30 grade, dit laat Durban soos antartika voel.

Ons was kom optel op die lughawe, en van daar af het ons so uur skutterige grondpadjie gery, tot by die Rio Tambopota. Ons het toe vir nog 'n halfuur op die rivier gevaar tot by ons lodge: Inotawa. Op die boot het ons 'n packed lunch gehad: rys en hoender wat in piesangblare toegedraai is. Dis 'n ongelooflike breë river. En wow, dit lyk presies soos wat mens die Amazon sal voorstel. Oppad na die lodge het ons capibaras gesien in lewende lywe! Dis die grootste knaagdier in die wêreld, lyk soos 'n harige moemin en omtrent drie keer die size van Ping!

Die lodge is ook baie oulik, hier's nie elektrisiteit nie, net in die kombuis, en net vir 4ure in die aand, en hier is ook net koue water....nie dat mens enigsins warm water nodig het nie! Gelukkig het ons beddens muskiet nette op. Elke kamer het 'n klein stoepie, en net 'n gordyn wat hang, skei die stoepie en ons slaapkamer.

So dus kan enige ongedierte invlieg!

Ons was die aand uit vir 'n night hike opsoek na goggas. Dit is ons, en nog 6 ander mense, 4 van Amerika en 2 van Kanada. En oooooooo my moer! Is daardie mensietjies darem niks gewoond! Dit het soos 'n Graad 2 Voortrekker kenteken gevoel! Ons moes stop vir elke mier en sprinkaan, en ek en Christo het amper iets oorgekom, en ons self mooi in Afrikaans uitgedruk! Ons het wel 2 massive spinnekoppe gesien, hulle kom in Nelspruit ook voor. Toe ons eventually weer by die lodge kom het ons 'n heerlike aandete gehad, en een ou van Amerika was so ongeskik, hy't sommer 4 borde kos verorber!

Doodmoeg is ons toe bed toe, en maar gehoop ek word nie wakker met 'n tarantula op my gesig nie!

Advertisement



Tot: 0.137s; Tpl: 0.008s; cc: 12; qc: 44; dbt: 0.1076s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb