Cusco


Advertisement
Peru's flag
South America » Peru » Cusco » Cusco
December 24th 2012
Published: December 25th 2012
Edit Blog Post

Lekker laat geslaap vanoggend(7:00). Na ontbyt het ons bietjie gaan rondstap. Die Plaza de Armas is omskep in een groot vlooimark, of meer 'n kersmark. Elke 2de stalletjie verkoop klein beeldtjies vir hulle kers scenes. En die ander verkoop die gewone toeriste goed. Oppad terug hostel toe, opdraende, het ons bene dit weer gevoel! Die middag het ons rustig by die hostel spandeer met 'n koue cerveza en die uitsig oor die stad geniet.

Die midddag het ons by ons hostel geëet, regte Peruvian kos, en natuurlik onsself oorvreet, en sommer besluit dis nou maar ons Kersete. Die vrou van die guesthouse het ons toe genooi om saam met hulle te eet op ou kersaand. Ons het die res van die middag soos sleg k's rondgelê en niks gedoen nie. Ons is later toe weer af na die Plaza de Armas na die kersmark om ietsie te kry vir die guesthouse gesin. En was daai kersmark vir jou besig!!!!! Al hierdie peruvians wat so last minute christmas shopping doen.

Ons sit toe aan vir ete saam met die peruvian gesin, dis die vrou wat die guesthouse run, haar man, en haar 3 volwasse dogters, en een se man. Die eetkamer is 'n heeltemal ander scenery as wat ons 'eet lokaal' is. Ons s'n het 'n pragtige view, waar hulle eetkamer nie eers 'n venster het na buite nie, en die eetkamertafeltjie face 'n tv. En net die een dogter kan so paar ingilse woorde praat, en ons natuurlik nie 'n woord spaans nie! Kan enige iemand sê: "akward!". Haai shame, die mense is darem baie vriendelik. Siestog, alles was baie plein en eenvoudig...nie naastenby soos ons suid afrikaners dinge oordoen nie! Vir ete het ons elkeen 2 stukke hoender gekry ( ek dink dit was hoender) en so suiker boontjie gereg, met slaai. En toe die ete klaar was toe kry ons elkeen 'n glasie rooi wyn, en klink toe vir 'Feliz Navidad'.....die enigste woorde wat ons verstaan het. En gedurende ete het ons Michael Buble se christmas show gekyk...sjoe, so darem hoef ons nie met mekaar te gepraat het nie. Dit was baie gasvry van hulle om ons te genooi het. Haai siestog, ons het nie eers 'n nagereggie gekry nie, ek sou darem nou kon doen met 'n bak malva poeding en vla!!!!!!

In Cusco is fireworx groot op ou kersaand, so ons sit nou op die balcony en kyk fireworx!



Feliz Navidad

Advertisement



25th December 2012

Jingle Bells
Hey julle! Baie geseende Kersfees daar vêr! Dit klink na 'n belewenis, veral die awkward etetjie met die familie :) Julle moet dit geniet!! Ons eet vandag saam met Ryan se familie en nog skoonfamilie aan hulle kant, ek dink daar kan dalk ook 'n paar awkward stiltes wees, maar maybe kry ons malva poeding vir nagereg... you never know! Ciao!!! Nanje

Tot: 0.065s; Tpl: 0.008s; cc: 7; qc: 44; dbt: 0.0434s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb