Machu Picchu


Advertisement
Peru's flag
South America » Peru » Cusco » Machu Picchu
December 23rd 2012
Published: December 23rd 2012
Edit Blog Post

Ons is 4:30 alreeds uit die vere om reg te maak vir Machu Picchu. Ons vang toe die bus 5:30, en verbasend was daar alreeds 5 busse voor ons gewees! Mens het die opsie om op te loop van Aguascallientes wat omtrent 'n uur en 'n half sal vat, of 'n peperduur busrit, wat net 'n halfuur vat vir flippen 19$! 6 Uur klok ons by Machu Picchu in, kan amper nie glo ons is regtig daar nie! Dit is ongelooflik mooi! Ons het rustig deur die ruins gestap tot by Huayna Picchu, dis nou die hobbel berg wat mens in al die bekende fotos van Machu Picchu in die agtergrond sien. Ons het ekstra ingang kaartjies gekoop om daai bergie uit te klim, om 'n mooi view van Macha Picchu te kry. Hulle laat net 400 mense per dag toe om daai berg te klim. Ons het die roete vol moed aangepak....tot ons opkyk en sien watse reuse opdraende voor ons is! Ons het vir 50min non stop opgeklim, ok,so paar keer gerus. Die Incas het die berg roete met steen trappe uitgevoer, wat gemaak het dat dit voel of mens stilstaande roltrappe se trappe klim! Een woord: HEL! Ons het geklim en geklim, en eventually het ons die top van die berg bereik, en die mees asemrowendste uitsig van Machu Picchu gekry! So kan mens duidelik al die ruins en berge rondom sien, en dan net besef watse werk alles destyds by Machu Picchu ingegaan het, as mens dink dit was ook eens net 'n bergtop! Machu Picchu is soos 'n stad op sy eie, massief. Die donwnhill het begin met 'n moerse klomp piepklien trappies, wat ons boere pote nie oppas nie! Ons moes dit so skuins skuins aanpak, en as jy daar gly...... Toe ons onder kom was ons bene bewerig en sopnat gesweet! Ons het toe die res van MP verken, awesome! En ons was vrek bly ons het so vroeg gegaan, want die hele plek was later die oggend oortrek met toeriste. Ons het ook die mooiste weer gehad, want net toe ons op pad terug op die bus klim, het dit begin reën. Dood moeg en vrot vuil het ons eers 'n stort by die backpackers gevat, en toe onsself gestick vir regte egte meksikaanse kos, nom nom. Ons hang nou maar hier rond, en wag vir die trein terug na Cusco.

Advertisement



Tot: 0.098s; Tpl: 0.012s; cc: 7; qc: 44; dbt: 0.0628s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb