Amazon Dag 3


Advertisement
Peru's flag
South America » Peru » Madre de Dios » Puerto Maldonado
December 27th 2012
Published: December 29th 2012
Edit Blog Post

Weereens vroeg opgestaan, die keer is ons oppad na Tambopota Reserve se oxbow lake: Cocococha. Dit was omtrent 15 min rivier op van ons af, toe begin die sports. Dit het die hele vorige aand gereën, hence the name rain forest.Ons begin toe ons 5km , one way, na die lake toe stap. Os het gestap, en gestap, en die pad was ongelooflik modderig, gelukkig het ons gum boots aangehad. Op plekke was die modder seker 20cm diep, dit was 'n vuil spul gewees, en intussen reën dit ook nog so aan en af. Maar dis so drukkend, dat jy nie nat reën nie, maar nat sweet. En agter elke persoon het so kolonie muskiete aangevlieg, en bewaar jou siel as jy gaan stilstaan. By die lake aangekom, het ons groep op so klein catamaran gaan vaar. Die catamarans het onder bome gestaan, en toe ons inklim krioel dit met honderde jumping spiders! Ons was weer gelukkig om otters te gesien het, maar ongelukkig geen caymans nie.Met ons staptog terug het dit gesous, en ons het sopnat gereën, wat eintlik heerlik was. Terwy ons teruggestap het, het ons 'n geritsel in die woud gehoor, toe kom daar 'n klomp wilde varke uitgehardloop. Ons het ook 2 spesies ape gesien, een van hulle was die 'Howling Monkey'. Ek trek nou al by amper 300 muskiet byte, en ons bottel insekweerder is amper opgebruik...en dit net in 2 dae! Ons het so 18:30 weer op op die rivier gaan vaar op soek na Caymans. Dit is basies klein "crocrodrolle", soos die guide dit sê. Ons het seker vir 30 min gevaar in die vol maan voor die guide die cayman se oë sien reflect het. Shame, die cayman was maar baie klein. Meer soos 'n likewaan as 'n crocrodrol. Nie te min, ons het 2 gesien. Net terug by die lodge toe begin dit weer sous vir die vale.

Advertisement



Tot: 0.114s; Tpl: 0.009s; cc: 9; qc: 48; dbt: 0.069s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb