Die enigste foto van 'n val.
Man, as daai voorwiel 'n spoor vat teen lae spoed, gaan hy sy eie rigting. Ek het al die goed gehoor van "Head up, feet up and stand up". Ek het ook al vroer baie sand gery, (kom van Upington af) maar die kombinasie van 'n swaar fiets en spore in los sand het nog iets noding, en dit is GUTS, ek meen GROOT GOENE. Ek het nie een keer geval terwyl ek 'n redelike spoed gehandhaaf het nie. Die probleem sonder 'n onderstuenings voertuig is dat jy heeltemal gestrand is as jy iets aan jou self of die fiets breek. Dit laat my maar stadig ry en baie val.