Nicol en Trudi du Toit

Nicol and Trudi

Nicol en Trudi du Toit

We are a couple that enjoy travelling



Europe » Netherlands » North Holland » Amsterdam June 19th 2012

Laaste blogs: Dag 14 & 15, Amsterdam. Die kuns-hoogtepunt van die trip is gewis die Impressioniste-uitstalling in die Amsterdamse Heritage museum. Dis ‘n uitruil-ooreenkoms met die Russiese een en almal behalwe Van Gogh is verteenwoordig, maar aangesien hy ‘n hele museum vir homself het, danksy sy nefie, kan mens ook nie kla nie. Koerantberigte uit die tyd vertel hoe die Paryse Salon hul neuse opgetrek het vir die manne … en vandag ken mens nie meer een van die Salon ouens nie. Daarna ‘n lang wandeling verby die Bloemenmarkt – baie tulp-bolle en “cannabis starter packs” maar min blomme, kaaswinkels waar jy kan proe (gedog dis bietjie te duur), die koninklike paleis waar mense so sommer by die afskortings verbystap as ‘n kortpad tot by die stasie waar ons vir die volgende twee dae dagkaarte gaan ... read more
Klein Karretjie
Klein Karretjie 2
Groot klomp

Europe » Netherlands » North Holland » Amsterdam June 17th 2012

Dag 12 & 13 – Amsterdam is op ‘n ander manier mooi – baie meer statig en heelwat minder toeriste en meer inwoners. Tog het Nicol reeds amper soveel fotos soos in Venesie geneem van die interessante geboue en waterlewe. Hy se as hy ‘n vinnige slide show bymekaar sit sal ons binne 6 uur na als kan kyk (tot dusver) – en dit is die goeie fotos wat hy hou. Na Venesie waar mens eenvoudig gestap het sonder enige gevaar van motors (selfs Rome waar die motorryers eenvoudig gestop of stadiger gery het vir voetgangers, selfs jaywalkers) is dit nogal ‘n aanpassing om voortdurend vir al die fietsryers pad te gee. Die fietse is ‘n boek op hul eie werd: met blomme versier, met groot bakke vir kinders en kruideniersware, met kissies, mandjies, in allerlei ... read more
Fietse
Gracht
Munttoren

Europe » Italy » Veneto » Venice June 16th 2012

Al wat nog oor was wat ek en Trudi in Venesië wou doen was om na die mark naby die Railto brug te gaan kyk. Daar is baie groente en vrugte en vis. 'n geweldige verskeidenheid en baie goeie kwaliteit, maar soos alles in Venesie, baie duur. Daar is allerhande groente en vrugte wat mens nie ken nie, en baie wat jy ken maar klaarblyklik 'n ander varieeteit. Daar was byvoorbeeld eiervrugte wat pers gespikkeld was, ongeveer 8 duim lank en nie wyer as 'n duim nie. Daar is geweldig baie soorte seekos - seker ses of ag soorte vis, die meeste wat ek nie ken nie, behalwe goed soos swaardvis - die een ou was besig om 'n ses voet lange te staan en slag. Meeste stalletjies het drie soorte mossels en ook drie soorte ... read more
Razionalisti
Vismark

Europe » Italy » Veneto » Venice June 14th 2012

Dag 10, Venesie: Vandag die vaporetto’s aangedurf (waterbusse) en ontdek waar die Italiaanse skeepskaptein wat sy skip langs die kus kom park het hom bevind: hy ry vaporettos in Venesie. Of anders is it een van sy trainees. Die een ou het ‘n gondolier, ander waterbus en ten minste twee stoppe amper in sy glory in gery - en ons kon nie eens ‘n meisie in die kajuit by hom sien nie. Die vaporetto’s is vol (behalwe heel laat in die aand) maar dit is ‘n blik op Venesie wat jy nie maklik anders sien nie, behalwe as jy 60 euro kan bekostig vir ‘n watertaxi of 100 euro vir ‘n gondola. Ongelooflik hoeveel vooraansigte van geboue gefrescoe en gestandbeeld is vir die plesier van die waterryers. Maar lyk my dis Vensie: sommer mooi omdat dit ... read more
Koffiedrinker
Opera

Europe » Italy » Veneto » Venice June 14th 2012

Dag 8 & 9: Ons het met die trein van Rome na Venesie toe gery. Dit het net so onder die 4 uur geneem. Dit was so lekker soos die Europese sneltreine kan wees, mens gly net so saggies oor die spore terwyl die landskep verby flits. Net op Florence, Bologna en nog ‘n plek gestop voor Venesie. Ons bly weereens in ‘n Joodse ghetto – die Cannaregio-distrik, waar die Jode destyds saans agter hekke ingehok is en die area met bote gepatroleer is. Het dit in die oorlog maklik gemaak vir Mussolini se manne om hulle weg te neem. Blykbaar het daar baie min teruggekeer – een gids se daar woon vandag nog net 33 Jode in die area. Daar is geen teken meer van hekke nie en mens kan heerlik dwaal en verdwaal al ... read more
Gran Canal 2
Gondola
Gondola 2

Europe » Italy » Veneto June 13th 2012

Dag 7 Rome. Op ons laaste dag in Rome die oorkant van die stad verken: piazza del Popolo met sy obelisk (g’n wonder daar’s so min van die goed oor in Egipte nie, kan net dink hoe swaar die arme osse en slawe moes getrek het om dit in Rome te kry) en die grillerige Santa Maria del Popolo met sy kopbene en grafte in die vloer waaroor jy loop tussen die Carraveggio en ander kuns deur. Lyk my jy’s veilig om “Santa Maria” te raai as jy ‘n kerk se naam vergeet. Op pad verby die Pax patria skarkofaag /altaar en Godot met die kop in sy hand. Dan op teen die heuwel na die Borghese-tuine, damme met bootjies, standbeelde en die dubbeld-trapkarretjies – kon nie agterkom of man en vrou veronderstel is om saam ... read more
Artichoke skiller
Forum in aand
Marcus Aurelius in aand

Europe » Italy » Emilia-Romagna June 10th 2012

Dag 6 Rome – Sondag.’n Mens kan kla soos jy wil oor die Roomse oordadigheid, maar die singery tydens nagmaal is tog roerend. Veral in so ‘n mooie kerk soos die Santa Maria de Trastevere, glo die oudste Christelike kerk. Interessant hoe baie van die jong Italianers nog so gelowig is, soos die knaap wat plegtig sy sondes op ‘n papiertjie bely het en dit in die beeld se arms gegooi het. Hopelik het hy darem nie ‘n naam bygesit nie, hoewel mens nie kan glo die priesters sal al die hopies papiere lees nie. Die Trastevere (oorkant die Tiber/Tevere) is nog mooier en interessanter as ons buurt, met nog meer restaurante en pleintjies – dus fonteine en kerke ook. Dis “working class” en dus ook behoorlike pryse, bv vir Campari en soda of koffie tussen ... read more
Campari
Fiat 1953
Spanish steps

Europe » Italy » Emilia-Romagna June 9th 2012

Dag 5 Ons het vanoggend die Museum Capitolini geslaan. Heel interessant en lekker. Ongelukkig het die Pous die helfde van daardie museum ook oorgeneem om ‘n uitstalling van hule ou dokumente uit te stal. Dit was bietjie boring maar tog interessant op party plekke. Daar was byvoorbeeld ‘n brief van Erasmus aan die Pous waarin hy se dat hy nie altyd seker is aan wie se kant hy moet wees in die bekgeveg tussen Luther en die Pous nie (kan mens dit glo?). Daar was die hofrekords van Galileo se terugtrekking – natuurlik met die swaard oor sy kop! En ook ‘n verduideliking dat die mense verkeerd verstaan wat die inkwisissie beteken! Gee my krag! Ek is so bietjie moeg van die kuns wat ons hier sien. Dis seker omdat ek nie baie van die Italiaanse ... read more
Marforio
Klein karretjie

Europe » Italy » Emilia-Romagna June 8th 2012

Dag 4 – ‘n Tawwe een met die son wat bak al die pad deur die Forum en Colosseum. Was eers vies dat jy die audioguide vir die Forum binne 3 uur moet terugbring, maar in retrospek miskien goed. Drie uur oor ongelyke klippers en marmerblokke en teen die Palatine heuwel op werk op ‘n ou se voete – veral as die Colosseum dan nog voorle. Interessante interpretasie van die blomme wat die Romeine nog op die stapels klippe kom sit waar Caesar verbrand is – heeltemal onwettig natuurlik, moes buite die stad langs die Tiber gebeur het, maar toe klim Mark Anthony op die rots (lekker sitplek nou) en stop die prosessie met sy “friends, Romans…” en die gepeupel dra stoele en tafels aan en brand hom net daar. Iedergeval, ‘n Italianer se van die ... read more
Julius Caeser se brandstapel
Capitolini
Colosseum

Europe » Italy » Emilia-Romagna June 7th 2012

Dag 3 Rome. Vroeg (6:30) gestap van ons apartment om die toerbusse by die Vatikaan mis te loop en dis verbasend hoeveel werkers reeds op straat besig is – met konstruksie en munisipale werkers langs die Tiber, terwyl hulle tot saans 11uur vuilgoed oplaai. Voor sewe in die oggend sit talle kafee reeds vol werkers en tot na 12 is die strate en kuierplekke vol. Die Romeine is nie lui nie. Het St Peters basilica net na die begin van die 7uur nagmaal gehaal – twee stywe-lip mannetjies het drie meisies met kortbroeke en minis weggewys (lees die kinders nie vooruit nie en sien hulle nie al die tekens op die plein oor kleredrag nie?) maar al ons kameras was OK. Die Pieta is so ver agter glas weggesteek jy kan hom net met ‘n verkyker ... read more
Sistine Chappel
St Peters




Tot: 0.164s; Tpl: 0.007s; cc: 8; qc: 84; dbt: 0.1099s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.2mb