Laaste dag Amsterdam

Europe » Netherlands » North Holland » Amsterdam

Advertisement
Netherlands flagPublished: June 21st 2012Europe » Netherlands » North Holland » Amsterdam
June 19th 2012

Laaste blogs: Dag 14 & 15, Amsterdam. Die kuns-hoogtepunt van die trip is gewis die Impressioniste-uitstalling in die Amsterdamse Heritage museum. Dis ‘n uitruil-ooreenkoms met die Russiese een en almal behalwe Van Gogh is verteenwoordig, maar aangesien hy ‘n hele museum vir homself het, danksy sy nefie, kan mens ook nie kla nie. Koerantberigte uit die tyd vertel hoe die Paryse Salon hul neuse opgetrek het vir die manne … en vandag ken mens nie meer een van die Salon ouens nie.

Daarna ‘n lang wandeling verby die Bloemenmarkt – baie tulp-bolle en “cannabis starter packs” maar min blomme, kaaswinkels waar jy kan proe (gedog dis bietjie te duur), die koninklike paleis waar mense so sommer by die afskortings verbystap as ‘n kortpad tot by die stasie waar ons vir die volgende twee dae dagkaarte gaan koop het.

Rome was die stad van klein karretjies, maar Amsterdam is nie ver agter nie. Hier is twee foto’s. Die een waar ek agter hom staan net sodat julle ‘n idee kan kry hoe groot dit is (sal ek inkom?!) en die ander waar die karretjie lekker binne in die fiets pad ry. En ek sluit ook ‘n foto in van die grootste klomp wat ek nog gesien het.

Die oranje streamers hang maar pap en baie van die sokkerballe wat die strate versier het is pap nadat die Hup-hup Holland span in die eerste ronde van die Euro Cup uitgeskakel is – nog erger, elke wedstryd verloor het! Winkels hang vol supporters hemde wat nie verkoop sal word nie.

Die donderweer van die oggend was darem verby, maar dis nog goed koud.

Verdere inligting van die kanaalboot-kaptein op ons vaart Dinsdagoggend (nadat die son besluit het om uit te kom): hulle haal ongeveer 100 fietse elke naweek uit die kanaal en ‘n motor per week. Blykbaar is fiets in die kanaal gooi ‘n gewilde sport oor naweke. Aldus Edward van Wezel (baas van i-Tec wat ons later die middag sien) is fietsdiefstal amper so erg soos op Stellenbosch en is daar ‘n baie aktiewe handel in swartmark-fietse. En hulle woon nie eers in die stad nie – wel naby die lughawe en besryf hul woonbuurt as “landelik.”

Nadat ons bietjie geld verdien het by Hi-Tec en Asics (in Hoofddorp, anderkant die lughawe), het ons in die Jordaan-area gaan rondloop en eet. Dronk jong mense op bote lyk my moet maar altyd skree – selfs op ‘n Dinsdagaand. Die area is mooi en interessant, maar as dit die gereelde aandmusiek is, sal ek ook ‘n paar fietse in die gragte gooi – so na as moontlik aan die lawaaiakers.

Ons het heerlik gekuier, maar sien darem uit om ‘n slag in eie bed te slap en almal te sien.

There are more photos below
Photos: 4
Displayed: 4


Advertisement

Nicol en Trudi du Toit
We are a couple that enjoy travelling... full info
JoinedJune 1st 2012 Trips1
Last LoginJune 21st 2012 Followers0
StatusBLOGGER Follows0
Blogs13 Guestbook14
Photos46 Forum Posts0
Blog Options
Netherlands
Netherlands mapNetherlands flag
The Kingdom of the Netherlands was formed in 1815. In 1830 Belgium seceded and formed a separate kingdom. The Netherlands remained neutral in World War I, but suffered invasion and occupation by Germany in World War II. A modern, industrialized natio...more info
Advertisement

Trips
Rome, Venesië en Amsterdam
June 4th 2012 -» June 21st 2012

Blogged From
Visited Countries
TravelBlog Awards











Tot: 0.093s; Tpl: 0.006s; cc: 6; qc: 46; dbt: 0.0166s; 1; s:apollo w:www (50.28.60.10); sld: 4; ; mem: 6.3mb