Dag 6 Rome

Europe » Italy » Emilia-Romagna

Advertisement
Italys flagPublished: June 11th 2012Europe » Italy » Emilia-Romagna
June 10th 2012

Dag 6 Rome – Sondag.’n Mens kan kla soos jy wil oor die Roomse oordadigheid, maar die singery tydens nagmaal is tog roerend. Veral in so ‘n mooie kerk soos die Santa Maria de Trastevere, glo die oudste Christelike kerk. Interessant hoe baie van die jong Italianers nog so gelowig is, soos die knaap wat plegtig sy sondes op ‘n papiertjie bely het en dit in die beeld se arms gegooi het. Hopelik het hy darem nie ‘n naam bygesit nie, hoewel mens nie kan glo die priesters sal al die hopies papiere lees nie.

Die Trastevere (oorkant die Tiber/Tevere) is nog mooier en interessanter as ons buurt, met nog meer restaurante en pleintjies – dus fonteine en kerke ook. Dis “working class” en dus ook behoorlike pryse, bv vir Campari en soda of koffie tussen die stap deur. ‘n Mens kan jou nie ‘n mooier stad voorstel nie.

Weet nie of daar vis in die Tiber is nie, maar ‘n ou het hoopvol met visstok gestaan. Meisies het half-kaal le en tan. ‘n Ou het op die brug staan en pensklavier speel en ‘n hond het geduldig le en wag dat sy baas regmaak om te busk (nadat hy darem eers ‘n paar draaie gaan loop het, die hond nou). Rome se honde kom hoofsaaklik saans en Sondae uit wanneer hulle hul base neem om te gaan stap. Die meeste is goed gemanierd, maar so en dan is daar een (gewoonlik ‘n kleintjie) wat omstanders wil wys wie’s baas.

Met die sambrele vroegoggend nog nie uitgesit nie, sien ons die eerste keer “ons retaurantjie” (Il Portico) is deel van ‘n gebou uit die Romeinse tyd. Hy het 6 verdiepings, kon maklik Falco se blok gewees het – is in net so ‘n seedy area. Dis ook hoekom al die elektriese drade a la Langa buite om hang. Ons was so impressed daarmee dat ons sommer die middag en aand daar gaan eet het … en die wonder van gebraaide artisjokke ontdek het. Ongelooflik lekker, al lyk dit na ‘n protea wat 6 maande lank gedroog is.

Laatmiddag is on na die ander uiterste: Rome van Gucci, Dior, Prada en klomp ander name wat ek nie ken nie, maar aan die geen prys uitstallings kan sien dis “if you have to ask the price, you can’t afford it”. Die area rondom die Spaanse trappe (soos almal wat reeds in Rome was weet eintlik min met die Spaanse ambassade te make). Kon ongelukkig nie Lunelle se “happy hour” bar kry nie, maar het lekker gesit en kyk hoe operate die manne wat rooi rose in niksvermoedende vroue se hande druk en aan die manne biere verkwansel.

Beslis ‘n ander prysklas en werkklas hier as tussen ons plebs rondom die rivier. Die Romeine lyk ook sommer deftiger … maar tog goed om te sien ‘n mannetjie in ‘n snyerspak, das en baie blink skoene tel ook maar soos almal sy hond se uitwerpsels op.

Ons bly in die ou Joodse Ghetto. Voor die huise waaruit daar mense gehaal is en na die Joodse strafkampe gedurende die tweede wereldoorlog gestuur is, is die kobbelsteentjies uitgehaal en vervang met ‘n bronsplaatjie – nogal treffend.

There are more photos below
Photos: 6
Displayed: 6


Advertisement

Nicol en Trudi du Toit
We are a couple that enjoy travelling... full info
JoinedJune 1st 2012 Trips1
Last LoginJune 21st 2012 Followers0
StatusBLOGGER Follows0
Blogs13 Guestbook14
Photos46 Forum Posts0
Blog Options
Italy
Italy mapItaly flag
Italy became a nation-state in 1861 when the city-states of the peninsula, along with Sardinia and Sicily, were united under King Victor EMMANUEL II. An era of parliamentary government came to a close in the early 1920s when Benito MUSSOLINI establis...more info
Advertisement

Trips
Rome, Venesië en Amsterdam
June 4th 2012 -» June 21st 2012

Blogged From
Visited Countries
TravelBlog Awards










Comments
Date: 11th June 2012

Saamreis
Ek reis heerlik saam met julle en geniet Rome amper net soveel soos julle. Die fotos is pragtig en ek loop so in julle voetspore saam. More,,,more!!!

From Blog: Dag 6 Rome
Date: 13th June 2012

Nog, nog nog.
Kan nie wag vir 7 nie. Geniet die skrywe selfs meer as die fotos.

From Blog: Dag 6 Rome
Date: 13th June 2012

Katte
Wat van die katte van Rome - hulle al opgemerk?

From Blog: Dag 6 Rome




Tot: 0.114s; Tpl: 0.006s; cc: 10; qc: 53; dbt: 0.0344s; 1; s:apollo w:www (50.28.60.10); sld: 1; ; mem: 6.5mb