Advertisement
Published: June 10th 2012
Edit Blog Post
Dag 5
Ons het vanoggend die Museum Capitolini geslaan. Heel interessant en lekker. Ongelukkig het die Pous die helfde van daardie museum ook oorgeneem om ‘n uitstalling van hule ou dokumente uit te stal. Dit was bietjie boring maar tog interessant op party plekke. Daar was byvoorbeeld ‘n brief van Erasmus aan die Pous waarin hy se dat hy nie altyd seker is aan wie se kant hy moet wees in die bekgeveg tussen Luther en die Pous nie (kan mens dit glo?). Daar was die hofrekords van Galileo se terugtrekking – natuurlik met die swaard oor sy kop! En ook ‘n verduideliking dat die mense verkeerd verstaan wat die inkwisissie beteken! Gee my krag!
Ek is so bietjie moeg van die kuns wat ons hier sien. Dis seker omdat ek nie baie van die Italiaanse skilders en beeldhouers weet nie – en daar is duisende van hulle. En die kerk se invloed is oorweldigend! Ek weet die meeste mense beweer dat die kerk die kuns vir baie honderde jare gehelp het, maar daar is seker ook ‘n argument uit te maak dat hulle juis die kuns gestagneer het. Vir honderde jare kon kunstenaars net geld verdien as hulle
oor die godsdiens geskilder het! Die pous was defnitief koning, en is dalk nog in Rome!
Ons het vanmiddag in ‘n pub hier naby ons na Heineke Meyer se groen bulle gaan kyk en toe gaan eet. My hele dieet is vandag in sy peetjie – ‘n paar biere met die rugby, toe het ons by “ons” restaurant gaan eet en ek het besluit in for a penny in for a pound en het ‘n karaf wyn saam met spaghetti al la fruit de mare geeet, gevolg deur ‘n groooot bak Gelati. Die lekkerste spaghetti en roomys van my lewe!
Dit is die wonderlikste plek waar ons bly! Dit is so sentraal dat ons oral loop. Die Vatikaan was die verste – omtrent ‘n halfuur se stap. Na die ander kant toe is die Colosseum omtrent 15 minute weg.
Ons het die beste en goedkoopste eetplek net 100 tree weg ontdek en vanmiddag ook ‘n internet winkel, ook binne 100 tree – soos julle seker agtergekom het. As julle ooit Rome toe kom, onthou hierdie adres! Ottavia Apartment, Vicolo dei Falegnami, 40 00100 Rome – Bespreek deur Rome City Apartments
info@romecityapartments.comtel.+39064201689. Dis net om die draai
van Bernini se fontein met die waterskilpaae en toe ons na ete daar verbystap sit die hele neighbourhood, kinders, honde, ou mense ens en kuier om die fontein. Heerlik gesellig. Soos reeds gese, is dit in die Jewish ghetto en behalwe die Kosher restaurante word mens daaraan herinner met brons plaatjies in die pad voor sekere deure: met ons gebroke Italiaans kon ons aflaai dit vertel van so en so wat op hierdie dag gearresteer en weggeneem is Auswitzch toe waar hy/sy op hierdie dag terregestel is (executiozone). Dis die sterkste verwysing na die oorlog – dis asof die Romeine Mussolini soos ‘n lastige vlieg weggevee het. Te veel ander geskiedenis.
Meeste busse en trams stop reg langs ons gebou, maar soos ek gese het, mens het hulle eintlik nie nodig nie.
Rome is die stad van klein motortjies! Orals waar mens gaan sien jy die kleinste motorkarretjies. Die Smartkar lyk soos ‘n limousien! Mens kry karre waar net twee mense langs mekaar kan sit, net twee mense agtermekaar, net een mens! Seker omdat die straatjies so nou is. Daar is natuurlik miljoene scooters ook, en so ‘n paar motorfietse. Die klein karretjies parkeer sommer op motorfietsplekke!
Dis ook ‘n stad van water – oral sulke lopende waterdrink fonteine waar jy jou bottels kan volmaak of sommer net drink. En dit loop heel dag – komende van waterlose Afrika wil ek heeltyd net iewers kraan toedraai.
Arrivederci! – se Nicol
Advertisement
Tot: 0.088s; Tpl: 0.01s; cc: 8; qc: 49; dbt: 0.0389s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1;
; mem: 1.2mb