Nicol and Trudi's Guestbook



18th June 2012

Amsterdam
Sjoe, jul blog lees lekker! Ek voel of ek saamtoer!! Ek hoop regtig julle sal ook tyd he om Keukenhof te ervaar...xx (Ek is vandag terug op kantoor en jul Amsterdam inskrywing is die eerste ene wat ek lees - gaan nou bietjie opvang en kyk hoe julle Venesie en Rome geniet het.)
17th June 2012

Amsterdam
A julle klaar gekuns het, gaan proe kaas - dis heerlik! Reypenaer Proeflokaal Amsterdam, cheese tasting rooms ...www.wijngaardkaas.nl/en/proeflokaal/Cached You +1'd this publicly. Undo Reypenaer Cheese Tasting Rooms - Singel 182, Amsterdam. tel: +31 (20) 3206333 email: ron@wijngaardkaas.nl. Tasting centre for some of the finest Dutch
From Blog: Dag 11 Venesie
15th June 2012

jaloers
Lyk my dis nog 'n plek wat ek op my lys moet sit van wat ek eendag wil sien. Eks baie jaloers! Dankie vir julle pragtige beskrywings, julle kan 'n ding of twee leer vir die "presenters" op die travel channel.
14th June 2012

Geniet! Geniet! Geniet!
O, hoe verlang ek nou na daai lieflike plek! En het ons nie verdwaal nie! Ons sien uit na al jul foto's! Hoop jul gondolier sing mooi vir julle ...
13th June 2012

Katte
Wat van die katte van Rome - hulle al opgemerk?
From Blog: Dag 6 Rome
13th June 2012

Nog, nog nog.
Kan nie wag vir 7 nie. Geniet die skrywe selfs meer as die fotos.
From Blog: Dag 6 Rome
11th June 2012

Saamreis
Ek reis heerlik saam met julle en geniet Rome amper net soveel soos julle. Die fotos is pragtig en ek loop so in julle voetspore saam. More,,,more!!!
From Blog: Dag 6 Rome
10th June 2012

Wow
Dankie vir die saamneem op 'n fenominale tog.
From Blog: Dag 3
9th June 2012

Sit Sit So Saam
Hallo julle twee, dit voel asof ons op julle skouer sit, net jammer ons kan nie die kos ruik en proe nie!!! Geniet julself. Groete
From Blog: Dag 3
9th June 2012

Sjoe! ek is omtrent jaloers! ek het ook lankal my hart verloor op Rome: die stad waar 'n mens glad nie water hoef te koop nie en jou bottel kan volmaak met die soet yskoue water vanuit die ondergrondse riviere, by die waterpunte oral langs die pad; ons het ook ontdek dat meeste restaurante 'n "happy hour" het teen 5 uur die middag. Jy hoef net een "drink" te bestel en kry dat cocktail-happies tot ongeveer 7 uur! Verniet! Restaurant bo by die Spanish Steps was ons gunsteling elke middag! Die Trevi is 'n fees baie vroeg in die oggend voordat al die toeriste opdaag. Dan sien jy al die duiwe wakkerword en hoe al die locals hulle tafeltjies en stoeltjies uitpak en oor en weer chat. 'n Heerlike Italiaanse ervaring! dankie dat julle my nou weer wonderlike herinneringe laat herleef!!
From Blog: Dag 3
6th June 2012

Op datum
Hou ons op datum en maak my jaloers! Steph
From Blog: Op pad
4th June 2012

Trip
Lyk goed. Bon voyage.
From Blog: Op pad
4th June 2012

geniet!
Ja, dit lyk of die blog werk! En dalk moet julle eers in Rome sonder internet regkom ... klink meer na vakansie as mens in die vreemde is sonder iemand wat iets vir jou kan vra!!! Geniet, geniet, geniet! Linda
From Blog: Op pad

Tot: 0.047s; Tpl: 0.003s; cc: 8; qc: 32; dbt: 0.0278s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1mb