Lima


Advertisement
Peru's flag
South America » Peru » Lima » Lima
December 10th 2012
Published: December 12th 2012
Edit Blog Post

Ons het vandag onself besimpeld gestap. Begin met so 'n 20min stap na die Plaza de Armas. Vandaar na San Fransico Church. Die kerk is gebou bo op catacombs. Daars is letterlik duisende bene in grafte en putte. Die een put is 10m diep en vol bene gepak deur die argiloe. Ongelukkig kon ons nie fotos neem daar binne om dit ws nie. Die kerk is/was 'n klooster vir die San Fransicans. Die eetkamer kan 80 monks op eenslag bedien.



Ons het ongelukkig die fout gemaak om na China Town toe te gaan terwyl ons op soek was na 'n eetplek. Locals orals!! Het toe uiteindelik maar om gedraai en by Norky's gaan eet, iets soos Nando's.



Toe die groot mission om 'n simkaart te kry. Lost in translation!!!! Uiteindelik een gekry na omtrent 20min. Terug hostel toe om ons moee voete te rus en 'n Club te geniet. So twee winkels langs die hostel was 'n local kroeg en restaurant " Le Perhana". Hier het het Karien uiteindelik "Civeche" geeet - rou vis met suurlemoen en chillies.



Soos luck dit het, moes die hostel 'n party he saam met 'n klomp kuns studente op die aand wat ons vroeg moes gaan slaap het vir ons vroee bus die volgende oggend. Dus het ons nie te goed geslaap nie. Toe ons 2 uur opstaan om reg te maak, was die klomp nog steeds aan die gang

Advertisement



Tot: 0.072s; Tpl: 0.009s; cc: 6; qc: 44; dbt: 0.0481s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb