Aguas Calientes


Advertisement
Peru's flag
South America » Peru » Cusco » Aguas Calientes
December 22nd 2012
Published: December 23rd 2012
Edit Blog Post

Weereens 'n vroeë oggend. Ons het die maintenance ou van die hostel betaal om ons stasie toe te vat. Die ou se kar was in 'n toestand. Dit het in gelek by die dak! Die stasie is in Poroy, so 15km buite Cusco. Wat 'n shithole, die dorpie. Die stasie was baie mooi. Die Expedition trein van Peru Rail was baie nice. Die dak se hoeke is venster sodat jy die berge mooi kan sien. Die rit was net baie skutterig gewees en die been spasie non existing. Maar die natuurskoon was ongelooflik mooi gewees! Aguascallientes is net 'n toeriste dorpie. Sabie en Graskop het niks teen die plek nie. Ons moes 'n moerse bult uitstap met ons backpack om by die hostel uit te kom. Dit voel soos 'n gauntlet wat jy hardloop. As dit nie 'n waiter van 'n restaurant is nie, is dit massages, bars of souvenirs.Dit het die hele dag gereën! Ons het toe maar na die hotsprings toe gegaan. Redelik disappointing gewees teenoor Colca Canyon s'n. Die water was basies net nie koud gewees nie. Die locals bring sommer hulle seep en shampoo!! Needless to say, ons het nie lank gebly nie. Die aand het ons 'n paar biere gaan drink en lekker lasagne gaan eet by Ches Maggy.

Advertisement



Tot: 0.142s; Tpl: 0.024s; cc: 11; qc: 48; dbt: 0.1038s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb