Colca Canyon


Advertisement
Peru's flag
South America » Peru » Arequipa » Colca Canyon
December 16th 2012
Published: December 17th 2012
Edit Blog Post

Ons het vanoggend 'n vroeƫ begin gehad. Ontbyt 5:30 en 6:00 oppad na die Conder Cross uitkyk punt ind die canyon. Oppad het die gids ons omtrent die hele geskiedenis vertel van die Inka en pre-Inka wat die terrasse gebou het in die vallei. Daar is letterlik duisende terrasse wat gebou was 1400 jaar gelede en tot vandag toe gebruik word.

Hy het ook grafte uitgewys wat hoog op teen die krans was. Dit was blykbaar vir baie belangrike Inkas. Weird! By die Conder Cross uitkyk punt het daar klomp mense rond gesit met kamers en verkykers en wag vir die Condors om hulle verskyning te maak.

Ons het seker vir 50min ronde gesit, maar niks nie. Terwyl ons gestaan en wag het dat die bussie ons moet oplaai maak die Condors hulle verskyning in die verte. baie nice gewees, maar kon nie die ware grote (3.5m wingspan) van hulle inneem nie. Nie te min, was baie bly dat ons hulle kon sien en het darem 'n paar fotos geneem.

Oppad terug na Arequipa toe was dit weer bewolk en reenerig. op die hoogste punt van die roete was die hele wereld wit gewees. SNEEU!! In die middel van die somer. Natuurlik moes ons eers stop om fotos te neem. Amal het hulle baadjies aangehad, belhalwe ek, Antjies Somers!

Terug in Arequipa het ons weer in dieselfde hostel in geboek,selfde kamer. Wou bietjie in die mark gaan rondloop, maar was reeds toe. Die hele dag lank crave ons vir 'n lekker juicy Burger King burger. Uiteindelik die oomblik nvan waarheid. McDonald, Spur, Steers en al die ander kan maar gaan slaap. BurgerKing is King!!! Karien wil een oop maak langs haar Braza de Polo en Pizza Hut franchises.

Advertisement



Tot: 0.081s; Tpl: 0.009s; cc: 11; qc: 48; dbt: 0.0398s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb