Colca Canyon


Advertisement
Peru's flag
South America » Peru » Arequipa » Chivay
December 15th 2012
Published: December 17th 2012
Edit Blog Post

Colca canyon
Die bussie moet ons tussen 7:30 en 8:00 kom optel. 8:05 wil ons die toer mense bel om te hoor of hulle miskien van ons vergeet het. Toe ons die booking vir die ou by ontvangs wys en vra dat hy hulle moet bel , was sy reaksie in gebroke engels: "No, not late, that is normal" 8:10 het hulle ons toe kom optel in 'n heel verbasende ordentelke bussie (Mercedes bussie)
Die toergids het sommer dadelik oor altitude sickness begin verduidelik, en hoekom coca leaves kan help daarvoor...iets met alkoliedes uit te waai. Ons stop toe by 'n kleinwinkeltjie, en stock op met coca leaves, coca sweeties en mineraal water, reg vir die aksie!So teen 3500m het ons die coca leaves begin kou, jy moet 25blare op 'n slag kou, anders help dit nie. Dis 'n mond vol! Saam met die blare het mens so klein blokkie goowie ietsie gekry, wat jy moet saam kou, om die effek te verbeter. Dit proe amper soos tee blare, redelik onaangenaam, en dit maak mens se mond dood na 'n rukkie. En dit moet mens nou elke uur aan sit en pruim. Christo het na die eerste mond vol kop uit getrek.Ons het tot op 'n hoogte van 4910m gery, dit was baie mistig en het begin hael. Ons het klomp alpacas langs die pad gesien.Ons het middagete by Chivay aangekom, toe eet ons 'n alpaca burger...nom nom. Van daar is ons groep by 4 verskillende hotelle afgelaai, en dis heel verbasend oredentlik! Later die middag het ons na die hot springs toe gegaan, wow, wow, wow! Die water word verhit tot omtrent 85 grade deur die naby gelee vulkane. Daar was 6 swembaddens, wat so 39grade is, waarvan 2 onderdak is. Ons het by een van die buitenstes gaan ontspan, met die mooiste uitsig van berge, en dit terwyl dit ysig koud buitkant was en begin reen het. Wat 'n ervaring! Warmbad se moer! Hierdie high altitude laat mens die heeltyd so kort van asem voel, asof jy die fiksheid van 'n baksteen het. O ja, oe, en ons het chippies ontdek wat van patats gemaak is, dis vrek lekker!
Die aand het ons groep by 'n local restaurant gaan eet,waar 'n inca band gespeel het op hulle panfluite en kitaartjies (o gee krag) terwyl tradisionele dansers hulle staal gewys het. Ons groep het aan een tafel gesit, wat ons met dieselfde elmboog spasie as 'n SAL vlug los. Ons het alpaca steak geƫet, heel smaaklik, en nagereg was so dikkerige soet stropie in 'n glas met vrugte stukkies. Vreemd. Ons het die aand vroeg gaan inkruip, want ons moes die volgende oggend al 5 uur opstaan vir die colca canyon. Ons het het 3 dik komberse met 'n duvet gehad, en verbasend genoeg was dit net reg. Ons vingerpunte het nou en dan pins and needles gekry as gevolg van die min suurstof met die high altitude.

Advertisement



Tot: 0.128s; Tpl: 0.023s; cc: 12; qc: 49; dbt: 0.0478s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb