Seoul


Advertisement
South Korea's flag
Asia » South Korea » Seoul
November 25th 2006
Published: February 19th 2007
Edit Blog Post

Hi almal…

So is ons Seuol toe Saterdag! Het die oggend 4:30 van af Gumi Stasie vertrek na ons tot laat saam met my skool director (baas) soju gedrink het. 3 en 'n half ure later toe is ons op Seoul Station. Dit is vrek koud!

Van daar spring ons op die subway en ry na Jonggak toe om my vliegtuig kaartjie te verander by STA Travel. Hulle is toe nog nie oop nie, ons kry 'n klein eet plekkie waar ons vir goedkoop koffie en 'n interesante toast sandwich verorber…

Na 'n successful vliegtuigkaartie verandering staan ons nog en wonder in die straat waar heen nou. 'n Ausie Girl wat Hendrien se look-a-like is vra toe of sy kan help en vat ons toe Insa-dong toe. Daar kan mens allerande verskillende souvenirs koop, baie kleur vol.

Ons volgende stop was Gyeongbokgung Palace net 'n 5min loop vanaf Insa-dong. Dit is die grootste paleis in South Korea wat gebou is in die 1300s en 2 keer deur die Japaneese afgebreek is. Die Koreane het dit weer begin herbou in die 1960s en is nog besig…

Na die paleis het ons Seoul Tower gaan op soek… By Chungmuro Stasie het ons die geel no: 2 bus gevang wat 'n benoude trippie was met al die mense wat ingeprop was soos sardines. Die view was disappointing nie soos die view van af Victoria Peak Hong Kong nie en dit is belaglik duur om by die tower op te gaan. Daar is 'n viewing deck waar mens maar die view bekyk sonder om te betaal. Ons het toe 'n straat gaan op soek wat ons gesien het oppad na Seoul Tower toe. Daar is baie klein hondjies te koop en hulle almal word in die venster display. Daar was een of twee rasse wat ek nie erken het nie. Die 2 pugs wat ons gesien het was ongelooflik quite. Hulle was heeltemal crazy ek het lekka vir hulle gelag. In daardie straat het ek die 12000 GS ook gesien te koop vir 17 500 000W 1994 model.

Van daar het ons die Yongsan Electronic Market gaan soek wat toe 'n eew en 'n half gevat het. Dood moeg het ons daar aangekom. Dit is net agter die Yongsan Station wat enormous is. Dan loop jy met 'n lang sky bridge van die stasie gebou tot by die Yongsan Market. Daar kry mens al die electronics onder die son.

Toe trotseer ons die trein stasie om 'n kaartjie huis toe te kry. Kry toe 'n kaartjie vir 21:45 en sukkel om wakker te bly sodat ons nie die trein verpas. Oppad huis toe het ons darm eye shut gekry maar dit het nie gehelp. Toe ons koppe op ons kussings raak toe slap ons soos die puppies in die winkel vensters…

PS: Hier is ook 'n paar foto's waar ons galbi eet. Dit is 'n baie interesante koreaanse dis. Jy kry 'n gril en dan braai jy jou vlies daar op. Later sny jy die vleis met 'n sker in stukkies. Saam met die vleis kry jy jou side dishes. Dit is gimchi (national dish) cabage wat ingele is met chillies. Nog deel van die side dishes is 'n blaar salad, garlic, bean paste, chillies, rys etc… Jy vat dan een van die blare wat ook deel is van die side dishes en sit 'n bietje van alles op die blaar. Jy vou dan die blaar toe en hap alles net so….mmm!

Groete…Werna en Gary!




Additional photos below
Photos: 13, Displayed: 13


Advertisement



Tot: 0.117s; Tpl: 0.01s; cc: 9; qc: 56; dbt: 0.071s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.2mb