Amper klaar met Borneo


Advertisement
Malaysia's flag
Asia » Malaysia » Sabah » Kota Kinabalu
June 17th 2008
Published: June 17th 2008
Edit Blog Post

Wel, ek hoop julle het darem 'n idee hoe dit hier lyk as julle na die fotos kyk van die vorige blog.
Ek gaan nou so bietjie meer vertel van wat ons als gedoen het na die snorkel-trippie.
Aangesien ons nie so baie wou betaal om die berg te gaan uitklim nie, het ons besluit om net 'n day-trip te doen na die berg toe en sommer so bietjie van die omgewing te sien.
Ek moet ook net noem dat ons defnitief nie die enigstes is wat moet kla oor brandstofpryse nie. Die mense hier het verlede maand 50% verhoging in brandstofprys gehad. Ongelooflik baie. Dit het natuurlik 'n redelike effek op alles, soos julle almal in SA weet. Ongelukkig beinvloed dit ook die toeriste, veral omdat mens heelwat van vervoer afhanklik is. So ja, ongelukkig maak dit die lewe so ietwat duurder as wat ons gehoop het, maar dit is nog steeds die moeite werd, en ons sal dit bly doen, en maar net meer spaar.
Die trip na die berg toe, het ons toe heelwat meer gekos as wat ons gedink het, maar dit was 'n ongelooflike dag gewees. Jy ry so 2.5 uur van KK na die berg toe, en die pad soontoe is nogal redelik steil en vol draaie. Dit is ook regte oerwoud hier, en daar waar die ouens wel groente en rys plant is die hellings nogal lekker steil. Hulle plant hoofsaaklik groentes hier, veral kool, wortels, broccoli, uie, en dan ook peppers wat hulle onder sulke stroke plastiek sit.
Ons eerste stop was by die Nasionale Park van Mt Kinabalu. Die klimaat is heelwat anders hier as daar onder by die kus. Nogsteeds humied, maar seker so 20 grade C, in plaas van 30 grade C. Daar is ook heelwat meer reen hier, en ons het ook so effense reenbuitjie gehad terwyl ons deur die botaniese tuin gestap het. Hier is heelwat orgidees en varings, en natuurlik allerhande goggas. Yippie!!
Hierna het ons gou middagete gevang (die gewone rys en groente en hoender-disse - moet se, ek kan aan 'n hele paar mense dink wat nie lekker hier sou aard nie, en lekker gewig sou verloor het. Die meeste van die tyd is dit maar chinese wat mens eet, hier is nie baie westerse restaurante nie, en die wat daar is, is maar vrek duur).
Na middagete het ons gaan kyk na die bekende Rafflesia blom wat in die omgewing voorkom. Dit is 'n blom wat tot 2m in deursnit kan word en net een keer per jaar blom. Dit stink egter nogal baie, en lok baie brommers. As die blom dan vrek is dit so pikswart gemors wat daar le. Die blom kom ook net in die bosse voor, en mens moet soms nogal ver stap om dit te sien.
Die stappery is nogal lekker, maar mens sweet net ongelooflik baie - en jou klere word dus sopnat.
Volgende was die Canopy Walkway. Dit was baie nice gewees. Ons het omtrent vir so 1 km gestap, maar teen 'n helse helling uit. Gelukkig is die pad so zig-zag, anders sal jy dit nie maak sonder toue nie. Die bome waarop die walkway vas is, is sering-bome, wat omtrent 80m hoog is. Dit is nogal 'n aardige gevoel om so hoog in die lug te loop, veral Spreeu wat nie so lekker van hoogtes hou nie. Dit lyk my egter die bridge-jump by Gourits-rivier het hom so effens genees van hoogtes, en hy raak al hoe brawer. Mens stap seker vir so altesaam 250m van boom tot boom. Baie, baie nice, ek sal dit beslis vir almal aanbeveel. Ek is net bevrees dat mens nie baie tyd het om vir voels te soek nie, of liewer, die tyd is daar, maar mens konsentreer so om te kyk waar jy loop dat jy nie regtig vir voels soek nie.
Na die canopy is ons weer af en toe dreun die weer lekker hier bo ons koppe, gelukkig het ons guide vir ons gese om ons te roer, want ons was skaars onder toe maak dit oop hier bokant ons. Voel omtrent of 'n swembad afkom van bo-af.
Aan die onderkant is ook die Poring Hot Springs, met warmbronne waar mens heerlik kan in ontspan. Jy moet net eers jou eie bad intap. Die water is so 75 grade C, so gelukkig is daar ook fontein-water wat jy by tap om dit darem af te koel. Ons het vir so uur hier gele, en wag dat die donderstorm ophou en toe vat ons weer die pad terug KK toe. Dit was nou 'n heerlike, uitputtende en ontspannede dag.
Ek het natuurlik ook die gewone hitte-uitslag gekry wat ek altyd kry as ons Asie toe kom, so ons besluit toe om net die volgende dag effens laag te le, en nie te veel in die son te kom nie. Dit lyk omtrent soos duitse-masels, maar ek het darem nie koors nie, en ek het al dit gehad, so ek moet maar net weer so paar dae vat om gewoond te raak aan die humiditeit. Ek drink darem anti-histamien, en dit lyk of dit darem help.
Vandag gaan ons op die laaste day-trip voor ons weer terug gaan Kuala Lumpur toe. Ons vertek eers vanmiddag 1uur en kom later vanaand terug. Ons hoop om die bekende Probiscus-ape te sien en ook vuurvliegies in die oerwoud.
Nou ja, tot die volgende briefie. Hoop julle almal werk nog lekker!!


Advertisement



17th June 2008

Hello
Spreeu en Elmarie Julle kry warm en sweet, ons kry koud, maar het darem tussenin lekker dae ook, maar die aande nog maar vrek koud. Die Amerikaners het opgedaag en Prof is gelukkig besig met hulle en vertrek Donderdag na Harrismith. Verder is dit rustig. Dit is ongelooflik wat julle ervaar en jy is reg ons is jaloers om nie dit te kan meemaak nie. Fotos pragtig, stuur nog. Geniet dit baie. Groete uit Bloemfontein
18th June 2008

Hi
Hallo julle twee drake!!! Dit lyk darem net te lekker, enjoy! Ek het scope oorleef en knie voel goed, kan net nie baie beweeg en woel nie!! Goed gaan!
18th June 2008

oeee eks GROEN!!
ag nee Elmarie. die fotos was nou net om sout in die wonde te vryf. can you imagine. Hier sit ek in n boks op n bult in bellville, alom bekend as die bestuurskool, en moet HIERDIE FOTOS AANSKOU!! stunning. julle sal moet kaap toe kom om als te kom wys :) waar dit , by the way, honde en katte reen. geen probiscus ape nie.well, ek travel darem die naweek Paarl toe. hie hie. so 37 km suid. mooi bly daai kant. stuur nog fotos . great stuff.
19th June 2008

Hi julle twee
Hi Dit klink heerlik en die fotos is baie mooi en maak my sommer jaloers. Weet nie of julle gehoor het dat dit alweer aan die suidkus oorstroom nie, julle moet sien hoe lyk margate, die strate was onder water en van die trappies by die wimpy en weggespoel. Hier is dit lekker koud en het die wind vreeslik gewaai gisteraand en dit het gereen. Geniet julle sonskyn weer en stuur weer fotos. Mooi bly!
23rd June 2008

Tifoon
Hi julle ek het gelees van die Tifoon daar in die Fillipyne!! Dit is darem 'n entjie van waar julle is of hoe? Hier het dit vreeslik gehael vrydag (20/06/2008), dit het soos sneeu gelyk en het dwarsdeur Vrydagnag geys gebly en eers hier van 10:00 saterdagoggend af by ons huis begin smelt. Groete uit BFN

Tot: 0.114s; Tpl: 0.01s; cc: 5; qc: 45; dbt: 0.064s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb