Officially vaccinated!


Advertisement
South Africa's flag
Africa » South Africa » Gauteng » Pretoria
March 4th 2009
Published: March 4th 2009
Edit Blog Post

Goeie more...

Ek en Annami is toe nou uiteindelik vanoggend Intercare sentrum toe (wat gerieflik genoeg baie naby aan ons altwee is). Ek was laat...maar dit daar gelaat. Ek sit toe by ontvangs en wag dat Annami in trane uitkom met bloed wat by haar arms afloop...But alas, sy het heel vrolik, vriendlik en traanloos by die deur uitgeloop.

Ek volg toe die dokter, Dr. Seef Pretorius, in sy kantoor in. Hy is die ene grappies en terg oor die pyn wat hy my binnekort gaan aandoen. Vir iemand wat al genoeg in die hospitaal (vir verskeie redes) was, is ek maar 'n sissie as dit by inspuitings kom. Gewoonlik gaan dit: Teater > Inspuiting > Onder narkose en onbewus van pyn. Oh well.

Aangeheg is die foto van die inspuitings. Dit was ietwat van 'n teleurstelling. Ek sal graag wil sê dat dit in werklikheid groter was, maar dit was inteendeel klein en nie baie indrukwekkend nie. Dr. Pretorius het my die guns gedoen om twee van my inentings te meng, sodat ek net drie keer deur 'n naald geprik hoef te word...en nie vier keer nie....jammer Annami (sy het vier gekry..haha).

Dit was toe nie die dramatiese affêre waarvoor ek my voorberei het nie. Ai, die teleurstelling.

Ek is egter trots om te sê dat ek nou, hier waar ek sit, intense spierpyne in my regterarm ervaar. Ek sukkel om my arm op te lig en rond te beweeg. 'n Mens besef nie hoe baie jy eintlik jou arm moet oplig of beweeg totdat dit nie intense pyn veroorsaak nie. Dit maak my tog gelukkig...want nou weet ek my drama was nie verniet nie. Masochisme op 'n beskaafde vlak.

Met 'n pleistertjie op die arm en 'n International Certificate of Vaccination or Prophylaxis is ek en Annami dus nou gereed vir die gevare wat Afrika vir ons inhou... Dr. Pretorius was selfs gaaf genoeg om vir ons elkeen sulke nifty inligtingsboekies met feite oor inentings en potensiële siektes en kwale te gee.

Tot later.

inge


Additional photos below
Photos: 5, Displayed: 5


Advertisement

PffffftPffffft
Pffffft

Al wat het om te wys...
InligtingInligting
Inligting

Van gawe Dr. Pterorius


7th March 2009

Chicken
Drie inspuitings. Pggg. As iemand my arm klits is ek nou nog effens vies. Die kiekies mag dalk nie indrukwekkend lyk nie, maar die retrospek is. Dit is nou dag vier, ek wonder of die kwale ons vandag gaan tref:-)

Tot: 0.105s; Tpl: 0.011s; cc: 9; qc: 45; dbt: 0.0555s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb