Elzanne skryf:


Advertisement
South Africa's flag
Africa » South Africa » Gauteng » Pretoria
March 5th 2009
Published: March 5th 2009
Edit Blog Post

Ek is Elzanne Robinson, ek is 'n ex fsa uitruilstudent van die Desember program in 2008.

Ek wil net sê ek dink hierdie Africa our Home projek is AWESOME, ONGELOOFLIK!!

Ek het baie geleer in Duitsland, maar die grootste ding wat ek geleer het is dat ek NOOIT in my lewe uit SA sal verhuis nie. EK BLY NET HIER. DIT IS MY HUIS, MY ALLES!!

Ek is mal oor SA, dit is 'n awesome land. En ek ondersteun ook die AOH projek, want ek het net besef wat rerig in hierdie kontinent aangaan en ek wil so graag daaraan werk en dit 'n beter plek maak.

Ek weet nog nie hoe ek 'n verskil gaan maak nie, maar ek gaan, Ek moet nog net die hoe uitsorteer. Ek gaan miskien saam met ons kerk in September op 'n uitreik Mosambiek toe.

Hierdie besluit het so oor 'n paar gebeure gekom. Eerstens het ek in Duitsland besef hoe wonderlik is hierdie land en dat ek weet dinge nog gaan uitwerk.

Maar my fokuspunt nl. klein kindertjies en my liefde vir hulle kom al 'n hele rukkie.

Dit het alles begin toe ek saam met my gesin in April 2008 in Mosambiek gaan vakansie hou het. Daar het ek gesien wat hierdie mense doen, hoe hulle leef, maar wat my die meeste verstom het en wat vir my sooooooo ongelooflik mooi was, is die kindertjies, hoe hulle elkeen hulle ding doen en hoe hulle so getrou is, maak nie saak hoe klein nie. Elkeen het hul eie skooltassie (waaroor hulle baie trots is het ek verneem) waarmee hulle elke dag so mooi skool toe stap. Wat vir my ook mooi was is hoe die kleintjies hand aan hand mekaar geselskap hou oppad skool toe. Dit is so mooi om te sien, ek het skoon sleg gevoel oor wat ek alles het en ook soms hartseer is , maar hoe hulle wat amper niks het nie met 'n groot glimlag langs die hoofpad van Mosambiek skool toe stap en hul toekom op so 'n wyse koester. Elkeen op sy eie manier.

Daar het ek lief vir hulle geraak. Dit is verder uitgebrei hierdie jaar terwyl ons die afgelope tyd ons verpligte fliek in Lewensoriëntering behandel nl. Yesterday. Dit gaan oor 'n minder bevoorregte nie-blanke ma wat met HIV gediagnoseer is wat alles in haar vermoë doen om haar siek man (ook MIV positief wat deur geval het in volwaardige VIGS) te versorg en haar self oppas net sodat sy haar klein dogtertjie Beauty kan sien skool toe gaan. Dit het my laat besef waardeur Suid-Afrikaners elke dag moet gaan en EK wil hulle help. Verder.. om terug te kom na die kinders toe. Waar ek graag ietsie wil doen, is toe ek saam met my ouers Vrydagaand die fliek Blood Diamond gekyk het waar ek besef het hoe ongelooflik sleg het dit gegaan in Afrika vir die stryd vir rykdom. Onskulidge mense wat moes sterf vir geld (diamante). Dan dink het net by myself wat gaan in mense se harte aan om so iets te doen? Wat kan ek doen om dit te verander? Maar dit gaan beter in die lande wat daardeur geraak is, maar die mense kry nog steeds swaar.

Daarom wil ek die AOH span sterkte toe wens en sê JULLE ROCK en ek staan bankvas agter julle en ek weet dat die Here julle sal seën en dit wat julle doen. Want dit is hoe 'n mens 'n verskil kan maak.

Sterkte, geniet dit, en ek sien uit daarna om julle terugvoer te lees.

Oom Lodie dankie dat oom my geleer het hoe wonderlik SA is maar ook AFRIKA. Ek weet ek kan nou 'n verskil maak. En Ek gaan. Oom se passie en toewyding vir hierdie kontinent is ongelooflik en ek het daarvoor die wêreld se repek en ek weet AOH gaan 'n groot sukses wees.

Baie baie baie baie groete
Elzanne Robinson


Advertisement



5th March 2009

High five!
Baie dankie vir jou ondersteuning Elzanne...dis lekker om te weet mense volg wat ons probeer doen en deel ook daardie passie. :)
7th March 2009

baby five
Jou entoesiasme is iets wat ek in elk geval in my tassie vir sektor twee pak. As die gevoel nou al deur jou bruis is ek redelik seker dat jy daardie verskil gaan maak.

Tot: 0.059s; Tpl: 0.009s; cc: 11; qc: 49; dbt: 0.0311s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb