'n Storie oor die woestyn


Advertisement
South Africa's flag
Africa » South Africa » Limpopo » Mookgophong
March 5th 2009
Published: March 5th 2009
Edit Blog Post

Die Nubiese woestyn (Sahara) en die woestynbewoners was vir my verlede jaar die hoogtepunt van my reis. Dit was die hardste en lekkerste ervaring.

Sedertdien laat die woestyn my nie los nie.

Hier is 'n vertelling oor die woestyn wat ek opgetel het.


'n Moderne mens het in die woestyn verdwaal. Die genadelose son het hom uitgedroog en verbrand.

Hy het 'n oase in die verte gesien. "'n Lugspieëling", het hy gedink, "wat met my die spot dryf".

Hy het verder gestrompel. Die oase het nie verdwyn nie.

Hy het dadelplantasies gesien. "Dis 'n hongerfantasie", het hy gedink.

Kort daarna het twee Bedoeine hom gevind. Dood.

"Kan jy dit verstaan?", het die een gevra. "Die dadels was so naby aan hom, byna by sy mond. Hier lê hy, by die fontein, verhonger, verdors, dood. Hoe is dit moontlik?"

Die ander een het geantwoord.

"Hy was 'n moderne mens. Hy het nie daaraan geglo nie."


Advertisement



Tot: 0.041s; Tpl: 0.009s; cc: 10; qc: 33; dbt: 0.0221s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb