Puno


Advertisement
Peru's flag
South America » Peru » Puno » Puno
December 17th 2012
Published: December 18th 2012
Edit Blog Post

Vanoggend uitgeboek en taxi gevat na die Terrapuerto (bus stasie). Bagasie ingeboek en toe 'n lekker ontbyt geëet by 'n klein winkeltjie op die stasie.

Die busrit was nogals hel gewees vandag. Dit het gevoel of dit nooit gaan eindig nie. Toe ons uiteindelik stop na 5.5 ure, was dit in so 'n shithole van 'n dorp. Gelukkig was dit nie Puno nie. Maar ongelukkig was dit nog 40 min op die bus! Maar dit is seker maar alles deel van travel.

Eventually kom ons toe by Puno uit, en boek by ons hostal in, ons kamer is op die 4de verdieping! En dit sonder 'n lift en met high altitude. Ons het al hygend horgend bo uit gekom, uitasem, en ons harte wat uit ons borskaste klop!

Ons het toe die strate ingevaar met die bietjie dag wat nog oor was, en het toe eventually aand ete geëet by 'n plek met die naam Machupizza. Van die lekkerste pizzas ever! nog beter as Pizza Hut s'n. Die kaas het oor die kante gehang...nom nom nom. Ons durf toe op 'n vol maag die pad terug na ons hostel, wat een moerse opdraende is. Die 700m opdraende het ons soos comrades marathon atlete laat voel so teen die laaste draai.

Advertisement



Tot: 0.081s; Tpl: 0.01s; cc: 10; qc: 50; dbt: 0.0462s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb