Lake Titicaca


Advertisement
Peru's flag
South America » Peru » Puno » Lake Titicaca
December 18th 2012
Published: December 21st 2012
Edit Blog Post

Ons is vroeg die oggend kom optel deur die toerbussie, van daar na die hawe. Voor ons aanboord gegaan het, het ons eers "persente" vir ons Amantani gesin waar ons gaan oornag gekoop soos pasta, rys en suiker.Die boot het stadig uit die hawe gevaar, en net so stadig die res van die tyd! Sy speedometer is seker 'n kalender. Ons stop toe eventually by 'n 'Uros' floating island. Die hele eiland is mens gemaak van duisended riete op mekaar te stapel.Dit het baie mooier gelyk op die foto's, in real life is die vloer so soggy, dit stink, en die mense daar lyk of hulle in 'Wrong Turn 4' moes speel! Die huisies is ook van riet gemaak, een kamer waar die hele inbreed familie slaap. Volgens die toergids verkies hulle om so te bly want hullehoef nie belasting of water of krag te betaal nie. Nes die K's by die huis!! O ja, en hulle wil nie elke dag werk nie, te veel stress.OMG!Ons het toe 'n boot trip, wat van riet gemaak is, gevat net om bietjie van die eiland af te kom, die Gondolas van Peru.Ons vaar toe verder na Amantani eiland , teen 'n slakke pas. Sou seker vinniger kon swem. By die eiland aangekom het hulle ons opgedeel en ons het saam met ons gasvrou, Marcelina, begin stap na haar huis toe. Dis amper soos om by jou bediende in 'n spaar kamer te slaap. Goeie hel, ons het seker vir 30 min opdraende gestap en 2 keer gestop om asem te kry. Ons kamer was heel oulik, Karien het panda kombers gehad en ek 'n beertjie kombers en elkeen het 'n koos onder sy bed gehad. Ons het toe na die kombuis gegaan om middag ete te eet. Aan die een kant was 'n klein tafeltjie, vir 2 mense, heel netjies opgemaak vir ons. Aan die ander kant was so 'n stofie wat met hout gestook word en 'n ou tannie wat net daar sit. Middag ete was 'n bak sop, omtrent 'n liter elk, vir starters en vir hoofgereg was aartappels en gebraaide "haloumi" kaas. Saam met ete het ons so 'n boegoe tee gehad wat blykbaar help vir alles. Heel lekker gewees.Eers 'n siesta gevat voor ons nog hoor op geklim het op die eiland vir 'n mooi uitsig. Aandete was weer sop en hoofgereg was rys en so blokkies aartapels smoor. 8 uur die aand het ons ponchos en mussies aangetrek en na die community hall gegaan waar hulle musiek gemaak het en gedans het. Dit lyk amper soos 'n hoƫrskool sokkie. Almal sit op die kant tot die musiek begin, dan dans almal. Musiek stop, almal gaan sit, insluitende die band, om asem te skep. Dan begin dit weer. Dit was reƫnirig en yskoud en ons het toe gaan in kruip, onder 4 komberse en Karien het nog die ponchos ook oor haar bed gegooi.

Advertisement



Tot: 0.057s; Tpl: 0.009s; cc: 6; qc: 44; dbt: 0.0354s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb