Weereens vroeg opgestaan, die keer is ons oppad na Tambopota Reserve se oxbow lake: Cocococha. Dit was omtrent 15 min rivier op van ons af, toe begin die sports. Dit het die hele vorige aand gereën, hence the name rain forest.Ons begin toe ons 5km , one way, na die lake toe stap. Os het gestap, en gestap, en die pad was ongelooflik modderig, gelukkig het ons gum boots aangehad. Op plekke was die modder seker 20cm diep, dit was 'n vuil spul gewees, en intussen reën dit ook nog so aan en af. Maar dis so drukkend, dat jy nie nat reën nie, maar nat sweet. En agter elke persoon het so kolonie muskiete aangevlieg, en bewaar jou siel as jy gaan stilstaan. By die lake aangekom, het ons groep op so klein catamaran gaan
... read more