Dag 1


Advertisement
Italy's flag
Europe » Italy » Emilia-Romagna
June 5th 2012
Published: June 9th 2012
Edit Blog Post

Dag 1

Ondanks ons pessimistiese verwagting het die mense by wie ons apartment huur ons ‘n drywer gestuur om ons op die lughawe te kry wat ons op ‘n wonderlike guided toer van al die hoof attraksies van Rome geneem het … spaar ons die koste van die beplande Open Bus Tour.

Ons bly in die “Historic Jewish Ghetto” area wat een van die Top 10 areas vir toeriste is (boek seg: to visit, not to stay), maar daar was gelukkig nog nie veel sightseers by ons apartment nie. Die plek is baie lekker en luuks ingerig en ek het al uitgefigure hoe die bidet werk. Ons het nie lift vertrou nie en is met die wentetrap (elke treetjie ‘n 6 duim op sy wydste) met ons koffers op – twee verdiepings. Diegene wat die Falco boeke ken sal so ‘n gevoel he waarvan ons praat. Steph, jou frase-boek het ons klaar gehelp om room en koffie by die Spar om die draai te koop.

In die blok langs ons bly plek uitgrawings van remains van 4 tempels (ongeveer 4 eeue voor Christus) en die curia waar Julius Caesar vermoor is – Largo di Torre Argentina.

Was gisteraand op Piazza Navona waar ‘n dishy Italianer opera ge”busk” het (nogal goed, dink ek!), twee omies trekklavier gespeel het sodat ‘n couple kon dans, jong wannabee kunstenaars mense teken en elke toeris in Rome na al die ander kunstenaars en stalletjies kyk. Kon nie sonder ‘n boek Bernini se 4 riviere in die fontein uitfigure nie.

Het toe (op aanbeveling van reisgids) gaan eet by ‘n plek weg van die toeriste-plekke waar hulle vir Nicol “roadkill” gegee het want dis onmoontlik dat hulle ‘n skaap net gewoon kon doodmaak dat daar soveel fyn beentjies in die vleis steek. Via Campo di Fiori (die markplein) teruggestap huis toe.


Additional photos below
Photos: 4, Displayed: 4


Advertisement



Tot: 0.042s; Tpl: 0.011s; cc: 7; qc: 24; dbt: 0.023s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb