Sao Paulo


Advertisement
Brazil's flag
South America » Brazil » São Paulo » São Paulo
January 2nd 2013
Published: January 2nd 2013
Edit Blog Post

Ons het vroeg 'n vlug van Rio na Sao Paulo gevat. Die vlug was net so oor 'n uur, maar dit het soos 5 ure gevoel, danksy 'n klein seuntjie wat soos letterlik die hele liewe tyd geraas het! Brazil is 'n baie duur plek, ons taxi rit hostal toe, was duurder as die verblyf vir die een aand!

Dankie tog Sao Paulo is nie so bloedig warm soos Rio nie. In Sao Paolo is daar nie werklik iets om te doen nie, al hoewel dit Amerika se 4de grootste stad is. Ons het maar laag gelê die dag en nie veel gedoen nie. Ons is baie opgewonde om weer huiswaarts te keer, en om vir Cooper en Ping weer te sien! En om 'n moerse stuk steak te eet, en om afrikaans te praat met ander mense!!!!

Ons sit nou en drink Capirinas (wat amper ondrinkbaar sterk is), en tel die uurtjies tot ons vlug af.

Advertisement



Tot: 0.072s; Tpl: 0.009s; cc: 10; qc: 48; dbt: 0.0349s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb