sonskyn en sonsondergange


Advertisement
Malaysia's flag
Asia » Malaysia » Terengganu » Perhentian Kecil
July 5th 2008
Published: July 5th 2008
Edit Blog Post

Sjoe, ons tyd is amper verby hier in Malaysia. Ek stuur so paar fotos van ons great views wat ons het van die strand en ook vrek mooi sonsondergange. Dit is lekker warm hier, en gelukkig was hier so dag wat dit gereen het en darem so effe bewolk was. Ons is nou al 'n week hier op die Perhentians, en beplan om more terug na die vasteland toe te skuif. Ons moet so stadigaan begin terug Kuala Lumpur toe om Dinsdag daarvan af terug na SA te vlieg. Ons het op die oomblik 'n baie lekker rustige tyd hier. Ons lees lekker boek en le rond. Ons snorkel ook nogal heelwat en het al tot met 'n kano hier rondgeroei. Ons was een dag op 'n snorkel-trip wat om die eiland gaan en het baie mooi visse gesien. Ons het tot haaie gesien. Hulle is gelukkig net so 1.5 tot 2 meter maksimum groot en verder is daar heelwat kleintjies hier. Dit is die Black-tip reef shark. Glad nie gevaarlik nie. Ons het ook skilpaaie gesien, en natuurlik weer vir Nemo en al sy familie. Hier is ook heelwat barracudas en swaard-visse wat sommer hier om jou swem. 'n Ander wereld.
Dit is regtig baie mooi hier en 'n regte vakansie-atmosfeer is hier.
Wel, ons tyd is amper verby en ek sal weer later iets stuur, met van ons mooiste fotos wat ons geneem het.
Lekker werk daai kant, ons join julle binnekort.


Additional photos below
Photos: 6, Displayed: 6


Advertisement



Tot: 0.105s; Tpl: 0.012s; cc: 13; qc: 50; dbt: 0.0407s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb