Die "hectic" wat saam met 'n reis oof Afrika gepaard gaan ...


Advertisement
South Africa's flag
Africa » South Africa » Limpopo » Mookgophong
March 3rd 2009
Published: March 3rd 2009
Edit Blog Post

Die filosofie van reis is dat dit wat gebeur, nie altyd deel van die reisbeplanning is nie.

Verlede jaar het ek my dood gesukkel om my motorfiets vanaf die Midde Ooste na Europa te kry. Ek het 'n paar wye draaie moes ry tot ek die regte geleentheid gekry het.

Met die Toyota hierdie jaar het alles so maklik gelyk. Ek het reeds op 16 Oktober verlede die kwotasie gekry vir die terug vervoer van die bakkie Suid-Afrika toe.

Vanmiddag het ek 'n kort e-pos uit Egipte gekry. Die woorde was kort en kragtig.

"Dear Sir,

I am sorry, but we stopped this service, and we do not do it anymore.

Best regards

Gehan Assaad"

Skielik begin die adrenalien weer te pomp. Nuwe probleem nuwe oplossing.

Dit vat vir my die filosofie van Africa our Home so mooi saam. Ons leef nie in 'n probleemvrye omgewing nie, maar, ons kan werk en streef na oplossings!

So, ek soek nou na 'n manier op my bakkie terug in SA te kry.

Miskien moet ek terug ry ...

Dit gaan die volgende interessante hoofstuk van Africa our Home word. Hoe kom FGM 366 N terug Suid-Afrika toe?

Murphy, voertsek!








Advertisement



Tot: 0.098s; Tpl: 0.009s; cc: 13; qc: 49; dbt: 0.0635s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb