Advertisement
Published: June 30th 2008
Edit Blog Post
Hi daar almal, ons het nou weer tyd gekry om by die blog uittekom. Ons is op die oomblik in die noorde van Malaysia op 'n pragtig eieland met die naam Perhentians. Baie, baie lekker en ongelooflik ontspannend. Laas toe ek geblog het was ons nog oppad na die jungle toe. Dit was ook nogal ongelooflik gewees. Die jungle se naam is Taman Negara en omtrent erens in die middel van Malaysia. Dit is 'n 160 miljoen jaar oue jungle en die bome is nogal heel indrukwekkend. Hier is veronderstel om tiere, olifante, renosters en heelwat ape te wees. Ons het egter net ape gesien en natuurlik baie, baie goggas. Die jungle is te dig om regtig iets te sien, en ek dink ook nie daar is so baie diere oor hier nie. Maar die jungle is regtig nogal iets om te sien.
Ons het eers vertrek van 'n plek met die naam Jerantuh en met 'n boot in die Tembeling rivier afggery na die Park toe. Dit was so 3ure se boot-trip, so jou boude raak lekker seer, maar die scenery is nogla mooi. Daar gekom, het ons in 'n plek met air-con in gegaan, maar dit was maar
verder baie basic gewees. Hier het ons eendag 'n trek gaan doen in die jungle na die hoogste piek daarin en dit was vrek uitputtend. Jy klim vir so 1.5 km en dit vat jou omtrent 2ure om dit te doen. Die sweet loop jou ook behoorlik af. Ons het ook weer 'n canopy walkway gedoen, en dit was net so impressive soos die een in Borneo. Die een is so 55meter bokant die grond, en omtrent 500 meter lank in totaal. Ongelukkig was ie helfde hiervan toe vir herstelwerk, maar die deel wat ons gedoen het was nogal impressive. Hier is ook baie leeches, en ons het hulle gelukkig gemis. Hulle is baie skelm, en voor jy kan agterkom is daar 'n klomp bloed uit jou uit, hulle is egter nie giftig nie, net baie grillerig. Verder is al die goggas reusagtig en baie. Die plek waar ons gebly het, het ok gelyk, tot die aand toe ons slaap. toe kom ons agter daar is bedbugs, Ons pas so op vir muskiete en andergoed en vergeet van bleddie bedbugs, so hulle het ons toe lekker gevreet, maar nou ja, ons is immers in die jungle en ook die indringers
hier, so ons moet seker nie kla nie.
Ons was so 2 dae hier, en het ook 'n trip gedoen op die rivier, deur so klein rapids gery en lekker nat geword en ook 'n tradisionele village besoek waar ons 'n blowpipe geskiet het. Ons het ook hier geleer om tradisioneel vuur te maak, so ons kan nou vir survivor gaan inskryf. Heel interessant gewees, maar toe skuif ons aan na die volgende plek toe.
Ons het sommer met 'n bussie gery, wat so 5 ure gevat het en na Cameron Highlands toe gegaan. Die dorpie se naam is Tanah Rata en dit lyk soos 'n regte engelse dorpie. Die blyplek se naam was Fathers GuestHouse en regtig baie nice en netjies skoon. Hier is dit so 1600-2000m bokant seespieel, maar die weer is heerlik koel en verfrissend. Dit word gemiddels so 21 grade C hier, en dit is nogal baie lekker om weg te kom van die vrek warm tropiese jungle. Hier stap mense gewoonlik baie en hier is heelwat groente verbouiing. Dit is ook die land se grootste tee-verbouings area, en dit is ongelooflik mooi om dit te sien. Ons het net lekker rondgery hier, en baie groentes
geproe, veral aarbeie. Dit was great gewees. Omdat ons egter nie so baie hier wou stap nie, het ons besluit om aan te skuif na die eiland waar ons nou is. Dit is die Perhentians, en seker die gewildste plek vir travellers om heen te gaan. Dit is so halfuur se ry met 'n speedboat van die vasteland af, en baie mooi.
On is nou al 2 aande hier en sal seker nog so 4 aande hier wees, voor ons weer aanskuif na Langkawi. ons le op die oomblik net lekker rond, lees boek, snorkel baie, drink so nou en dan bier (maar ongelukkig is dit vrek duur hier - ons het vanaand vir 2 blikkies R40 betaal!!).
Ek sit so paar fotos op en sal weer later nog probeer opsit.
Ons geniet nog ons tyd baie, en ons hoop julle kry nie te koud daar anderkant nie.
Mooi bly.
Advertisement
Tot: 0.13s; Tpl: 0.019s; cc: 6; qc: 46; dbt: 0.0677s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1;
; mem: 1.1mb
Michael Meiring
non-member comment
Bier
Spreeu ai dit lyk darm lekker wat het van julle geword? Groete Michael