Probiscus ape en vuurvliegies


Advertisement
Malaysia's flag
Asia » Malaysia » Sabah » Kota Kinabalu
June 23rd 2008
Published: June 23rd 2008
Edit Blog Post

Hi almal, hier is weer so paar fotos en 'n update van die vorige blog.
Laas toe ek geblog het was ons nog in Borneo oppad na ons volgende day-trip, nadat ek probeer herstel het van my hitte-uitslag. Dit het darem so effens gehelp. Ons is die volgende dag met 'n busie na 'n area met die naam Beaufort en het tot selfs deur 'n plek met die naam Benoni gery. Weird!! Opad soontoe het daar natuurlik so paar druppels geval, maar die guide het ons belowe dit is eintlik goed, dan kom die ape juis uit, so ons het maar duim vas gehou.
Daar aangekom was dit so 4uur die middag se kant en dan is dit die tyd wanneer die ape kom kos kry by die rivier en ook kom slaaplek soek. Ons was hel gelukkig om van die Probiscus ape tie sien, alhoewel dit effens ver was. Op 'n stadium was hulle so 10 m van ons af, maar die boot het so lekker gewieg dat dit moelik was om mooi fotos te sien. Die ape is uniek in Borneo, en het sulke groot neuse, en boeppense.
Die wyfies is effens kleiner met net sulke punt neusies. Die ander ape is macaques (jy spreek dit makaks uit) en dit is omtrent wat hule doen. Ons het naderhand besluit die ander soort in Maleisie, sonder sterte en klere aan, gaan ook sommer makaks genoem word as hulle ons irriteer.
Ons was eker so 2ure op die rivier en dit was nogal heel lekker. Die reen val gelukkig net so bietjies-bietjies, dan hou dit op. Dit is immers 'n reenwoud die, so mens moet seker reen verwag. Gelukkig is dit nie koud nie.
Na die riviertrip die aand het ons net gewag vir die eerste sterre om uit te kom toe sien ons duisende vuurvliegies in die bome orals. Dit lyk soos 'n kersfeesboom, al te fraai.
Wel daarmee was ons laaste daytrip verby en ons is weer terug na Kota Kinabalu, war ons die volgende ogend lekker vroeg terug sou vlieg na KL toe. Ons sou baie graag meer tyd hier wou spandeer, maar ongelukkig is ons ou vakansie ook net so lank.

Terug in KL, het ons weer by dieselfde hotel gebly as die vorige keer, en net ons bus kaartjie gereel die volgende dag na ons volgende plek toe. Die keer is dit Tioman-eiland aan die ooskus van Maleisie. Dit is so 5ure se ry met die bus, maar die bus was gelukkig heel gerieflik en tyd het gou gevlieg. Die bus-vervoer is ook heel goedkoop hier, en die paaie glad nie te sleg nie. Hulle ry ook aan die linkerkant soos ons. Seker maar weer die Britse invloed. Ons het by Mersing angekom, dit is 'n hawe-dorpie vanwaar ons die ferrie sal vang na Tioman-eiland (so 1.5 uur se ry). Om met 'n boot te ry is effens duurder as met die bus, maar nou ja, hoe anders gemaak om by die eiland te kom.

Ek moet erken, ek is vrek bly ek het my selfoon saam gebring die keer, want ons kon so ver dit baie handig gebruik om blyplekke vooruit te bespreek. Dit is ook vrek goedkoop om hier te bel, Ons het maar 'n pay-as-you-go simkaart gekry en sover kos dit amper niks om te bel nie. So het ek toe vir ons 'n baie nice plek bespreek op 'n strand met die naam ABC. Daar is so foto van die plekkie heel bo in die bosse. Dit is heel basic, maar daar is darem 'n spoel toilet, en stort (ongelukkig net koue water) en fan en muskiet-net. Hier is ook natuurlik baie goggas en diere hier rond, so jy moet maar somtyds oe toeknyp as jy loop. Hier is sulke tipe koggelmanders of soortgelyks (hulle noem dit monitor lizards) wat omtrent so 1 tot 2 meter lank word. Hule byt gelukkig nie mense nie. Maar die eerste aand, het daar toe nou weer iets my gebyt, dit het soos vuur gebrand vir omtrent 5ure en daar was 2 sulke bloedmerkies waar dit my gebyt het. Dit was ongelukkig donker, so ek kon nie sien wat dit was nie, maar dit was verseker nie vriendelik nie. Die volgende oggend het ek toe na 'n tradisionele dokter gegaan, wat my toe gese het dit was 'n centipede (honderdpoot??) en hule is eintlik baie giftig. Ek is toe met blare gesmeer op die plek en moes 'n hele geroosterde knoffel, met sulke olie en kruie sluk. Hy het my belowe dit sal oor wees die aand. Dit het toe nogsteeds gebrand soos vuur. Wel, dankie tog dit is toe die volgende dag verby, en net so 'n pers kol het oorgebly, maar die brand en pyn was weg. Nou ja, ons is nog oppad na die regte oerwoud, so ek hoop maar vir die beste. Ek kan natuurlik ook nie tabbard of peaceful sleep aansmeer nie, want dit laat my uitslaan. Gelukkig het ek citronella olie saamgebring, so dit help darem. Wel ons het baie lekker hier gebly by die huisie, met die ongeloflikste view oor die eiland, maar kon net 2 aande verblyf kry, so ons moes toe aanskuif na die volgende strand toe, waar ek toe weer plek met my handige selfoon bespreek het. Die strand se naam is Salang-beach, en het die ongelooflikste strand en baie mooi water om in te snorkel. Hier is baie mooi visse en baie daarvan. So ver geniet ons dit baie, Die water is nie so warm soos in die Fillippyne nie, maar ten minste kan jy afkoel as jy warm kry. Hier het ons vir so 2 aande gebly, maar die keer het ons Air-con gehad en 'n warm stort. Wow, dit is nogal lekker, net effe duurder. Dit was defnitief 'n great eiland, maar nou ja, tyd loop en ons is toe weer met die ferrie terug vasteland toe. Vanaf Mersing eht ons toe 'n bus gevang na die middel van die vasteland, waar ons nou na die regte oerwoud van Maleisie gan. Die plek se naam is Tama Negara, en hule claim dit is die oudste reenwoud en jungle in die wereld. Omtrent 160 miljoen jaar oud. Die ice age het lyk my nie hier 'n invloed gehad nie, en hier was ook geen geologiese gebeurtenise wat iets gedoen het an die oerwoud nie. Of dit waar is, is ek nie seker nie, maar dit klink moerse impressive, so kom ons glo dit maar. Hier het ons vanaans so 7uur aangekom en is verwelkom met 'n moerse reenbui toe die bus stop, dit het omtrent gesous, maar gelukkig was dit binne 'n 20 minute oor. Ons bly op die oomblik in 'n baie nice hotel, wat redlik goedkoop is en gaan more na die Tama Negara Park toe vir so 2 dae. Ek sal daarna weer probeer blog.
Wel,soos jule kan sien gan dit baie goed en lekker bedrywig. Jammer om te hoor van julle koue.
Lekker werk daai kant.



Additional photos below
Photos: 13, Displayed: 13


Advertisement



25th June 2008

Hallo
Eat your heart out! Ek sit lekker by die werk! Is darem op verlof, maar hier's so baie goed wat moet klaarkom dat ek nie kan wegbly nie. Gaan darem more Kaap toe vir die naweek. Geniet die toer. Dit lyk BAIE lekker!

Tot: 0.093s; Tpl: 0.012s; cc: 6; qc: 45; dbt: 0.0413s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb