Arequipa


Advertisement
Peru's flag
South America » Peru » Arequipa » Arequipa
December 14th 2012
Published: December 15th 2012
Edit Blog Post

Wat doen die van Wyks as hulle vroeg is? Hulle stop by die naaste pub met hulle backpack en al vir 'n paar cervezas. Lekker.

By die busstop het ons 'n lekker burger geeet. Hier het hulle die ding om klein chippies, klein as McDonalds, op hulle burgers te sit.

Ek besef dat Karien 'n Shopoholic is. Sy kan net verby 'n souvenir shop stap sonder om iets te wil koop nie. Meeste van die doen sy dan.



Die oornag bus was nog meer luxurious as die vorige een. Seats was groter en meer spasie gehad. Enigste drawback was dat ons nie seats lanks mekaar gehad het nie, maar agter mekaar.



Ons het so 7:30 in Arequipa aangekom. Heeltemal 'n ander klimaat as by Nasca. Bewolk en koel. Net na 8 by die hostel aangekom en net ons sakke daar gelos en die strate in gevaar.

Ons het soos twee boemies op 'n parkbankie, op die Plaza de Armas, gesit en ons broodtjies en sappies, wat ons nie op die bus geëet het nie, geniet.

Her deur die Catedral gestap met 'n groot hout preekstoel. Onder aan die preekstoel was 'n duiwel met 'n lang stert wat om die onderkant van die stoel draai.

Daarna is ons na die Monesterio de Santa Catalina. 'n Baie mooi klooster wat die mooiste fotos maak. Mure of blou of rooi. Maar na 'n rukkie lyk alles ook weer dieselfde.



Middagete tyd. Onthou daai hoender franchise wat Karien wil oop maak, wel, sy wil nou sommer ook 'n Pizza Hut oop maak. Hulle pizzas is baie lekker. Nie so baie toppings soos Romans nie, maar meer die deeg maak die piazza.

Eers terug hostel toe vir 'n bietjie rus.

Laat middag is ons na die Monesterio de La Rocoleta. 'n Kleiner een as die vorige een, maar hier is museum stukke in van toe die monks in die Amazon gaan sending werk doen het. Ind dié uitstaling het hulle baie opgestopte diere en insekte. Karien was uitfefreak oor die size van die vlieë. jy sal hulle nie met jou skoen kan dood slaan nie, want hulle sal jou lok en jou slaan met jou eie skoen. Hulle het ook 'n biblioteek van oor die 18000 boek waarvan van hulle uit die 16de eeu uit dateer. In die uitsallings van hie die monks geleef het, het hulle so 'n sweepie wat hulle hulleself mee geslaan het as hulle dink hulle het aan gejaag, netsoos daai bleek siel in The Da-Vinci Code.

Het vannaand gaan uiteet by Terrace Resaurant. Reg langs die main square, bo op die 4de vloer. Geen lift nie net trappe. Maar die uitsig was die moeite werd gewees. Net betyds gewees vir sunset. Ons het uiteindelik Lama steak gehad. Heerlik. Nie veel anders as ons steaks nie, maar wel anders. Karien wil nie 'n Lama steak franchise oop maak nie.

More is dit die Colca Canyon toer. Kan nie wag nie...

Advertisement



Tot: 0.12s; Tpl: 0.009s; cc: 10; qc: 47; dbt: 0.0792s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb