Dag 11 Venesie


Advertisement
Italy's flag
Europe » Italy » Veneto » Venice
June 16th 2012
Published: June 16th 2012
Edit Blog Post

Al wat nog oor was wat ek en Trudi in Venesië wou doen was om na die mark naby die Railto brug te gaan kyk. Daar is baie groente en vrugte en vis. 'n geweldige verskeidenheid en baie goeie kwaliteit, maar soos alles in Venesie, baie duur. Daar is allerhande groente en vrugte wat mens nie ken nie, en baie wat jy ken maar klaarblyklik 'n ander varieeteit. Daar was byvoorbeeld eiervrugte wat pers gespikkeld was, ongeveer 8 duim lank en nie wyer as 'n duim nie.



Daar is geweldig baie soorte seekos - seker ses of ag soorte vis, die meeste wat ek nie ken nie, behalwe goed soos swaardvis - die een ou was besig om 'n ses voet lange te staan en slag. Meeste stalletjies het drie soorte mossels en ook drie soorte garnale gehad, snaaks genoeg nie oesters nie, krappe, krewe ens, ens.



Na die mark het on 'n rukkie op 'n pleintjie gaan sit en na die Venesiese honde gekyk - daar is baie en snaaks genoeg ons het nie een kat gesien nie. Ons het egter baie hase (na bewering) in slagterye gesien en my teorie was dat die katte dit ook gesien het en besluit het om vir veiligheid die eiland te verlaat.



Ons het ook 'n perdeslagter gesien wat onder andere ook salami's verkoop het - tot Trudi se ontsteltenis, want ons het baie salami in Rome ge-eet.



Toe ons laaste gelato ge-eet en die waterbus na die lughawe gevat. Ons het in Venesie alle soorte vervoer, behalwe padvervoer gebruik. Dis nogal lekker om met 'n boot lughawe toe te gaan!



En nou, voort na Amsterdam, ons laaste kuier voor ons terug keer. Trudi is baie bekommerd dat Amsterdam ons gaan teleurstel en dat daar nie genoeg gaan wees om te doen nie. Ek se, nadat ons van Gogh en die Rijksmuseum gesien het, en in ons filosofie om goed te ervaar, gaan ons Walletjies toe en gaan rook 'n zol, maar die voorstel hang nog op 'n 50:50 verdeelde stemming. Ons sal 'n kompromis moet bereik. Op my ouderdom sal ek met Walletjies onderhandel.



Tot wederziens, de volgtende blog is uit Holland.


Additional photos below
Photos: 3, Displayed: 3


Advertisement



17th June 2012

Amsterdam
A julle klaar gekuns het, gaan proe kaas - dis heerlik! Reypenaer Proeflokaal Amsterdam, cheese tasting rooms ...www.wijngaardkaas.nl/en/proeflokaal/Cached You +1'd this publicly. Undo Reypenaer Cheese Tasting Rooms - Singel 182, Amsterdam. tel: +31 (20) 3206333 email: ron@wijngaardkaas.nl. Tasting centre for some of the finest Dutch

Tot: 0.275s; Tpl: 0.01s; cc: 6; qc: 45; dbt: 0.2416s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb