Advertisement
Published: June 14th 2012
Edit Blog Post
Dag 8 & 9:
Ons het met die trein van Rome na Venesie toe gery. Dit het net so onder die 4 uur geneem. Dit was so lekker soos die Europese sneltreine kan wees, mens gly net so saggies oor die spore terwyl die landskep verby flits. Net op Florence, Bologna en nog ‘n plek gestop voor Venesie.
Ons bly weereens in ‘n Joodse ghetto – die Cannaregio-distrik, waar die Jode destyds saans agter hekke ingehok is en die area met bote gepatroleer is. Het dit in die oorlog maklik gemaak vir Mussolini se manne om hulle weg te neem. Blykbaar het daar baie min teruggekeer – een gids se daar woon vandag nog net 33 Jode in die area.
Daar is geen teken meer van hekke nie en mens kan heerlik dwaal en verdwaal al die pad Rialto, San Marco en selfs tot by die see toe. Ons hotelletjie is reg by ‘n vaporetto stop en as mens uit die venster leun kan jy aan die een kant ‘n sy-kanaal en van die badkamer die Grande Canal sien. Tot dusver het ons nog nie vaperetto of gondola aangedruf nie, net gestap.
Ons oorweeg nog die gondola, want die ou manne met vuil tops wat op hul selfone staan en praat of koppe krap as hulle veronderstel is om mens op ‘n romantiese rit te neem, is nie ‘n goeie advertensie vir so ‘n ondervinding nie.
Het ‘n laat lunch gehad om die draai van die hotel en binne gaan sit toe die wind effe onplesierig raak … niks in vergelyking met die Kaapse suidoos nie. Hoor later daar was ‘n internasionae nuusberig oor die tornado wat Venesie getref het (darem efe verder van waar ons was).
Ons kan seker maar dankie se die Italianers was nie bittereinders in die oorlog nie en dat als so gespaar gebly het van die bomme. Aan die anderkant, weet nie watste generaal sou wou bekend gestaan het as die een wat die Colosseum laat plat skiet het of San Marco Basilica gesink het nie.
Venesie is amper oorweldigend mooi. Dis amper te veel om in te neem, een photo-opportunity na die ander. Nicol neem so 4 gigabyte se fotos op ‘n uitstappie, en hy neem net af as daar ‘n besonderse toneel is. Een uitstappie was
half ses vanoggend – hoewel hy half-uur moes wag vir die ou om die hotel se deur oop te sluit.
Weerskante die strate is winkeltjies wat leerware en Murano glas verkoop – hoe nader aan die Rialto of San Marco hoe duurder dieselfde ware. Elke steeg bied iets skilderagtig. San Marco plein is als wat ons vertel is – en meer. Ondanks Theoniel en Truida se waarskuwing is ons tog “gevang” – maar dit was deels die koue wind wat ons na die Florian (oudste teekamer) en hul musikante gedryf het en die besluit dat ons kom-wat-wil tog ‘n Campari op San Marco gaan drink. Dit was lekker met die silwer skinkbord en vet olywe ens, tot ons besef (en die waarskuwing onthou!) dat jy ten duurste vir die musikante (wat helfte van die tyd break gevat het) moet betaal ook. Maar nou ja, dit maak op vir al die kere dat ons skelm verniet by Teatro Marcello geluister het.
Advertisement
Tot: 0.069s; Tpl: 0.009s; cc: 6; qc: 44; dbt: 0.0401s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1;
; mem: 1.1mb
Linda
non-member comment
Geniet! Geniet! Geniet!
O, hoe verlang ek nou na daai lieflike plek! En het ons nie verdwaal nie! Ons sien uit na al jul foto's! Hoop jul gondolier sing mooi vir julle ...