EKotze's Guestbook



20th July 2012

A nice trip! Even though HK is one of the most developed cities on this planet, it (and Singapore for that matter) is in fact quintessentially China: same people, same culture, same customs, same value, same society... just more developed and has better rule of law. China is too huge to be compared to HK (actually HK central where we are). China on average is less developed yet still has increasingly some pockets of places that are directly comparable to HK & Singapore in terms of price tag, orderness and cleaness. You just haven\'t visited those. Good lucky with the rest of HK travel, just try to avoid the Chungking Mansion area of cheap and filthy hostels which is quintessentially India indeed run by Indians.
20th July 2012

Lyk of great was!
Joe dit het alles so nice gelyk en was interressant om jul reis mee te maak. Julle moet jul laaste dae geniet, soos jy sê: Een vd dae back to reality ha ha........
20th July 2012

geniet hong kong!
geniet hong kong! dit het vir my soos huis gevoel toe ek daar land na taiwan -geniet jul laaste paar dae! Z
17th July 2012
Views of the Li river

Pragtig
Hi julle, ons is groen van jaloesie omdat julle die voorreg het om deur sulke mooi natuurskoon te kan toer. Ek het nou vir Prof ook die fotos gewys. Hy was ook daar, maar net vir werk sê hy, nie om vakansie te hou nie. Dit is vrek koud hier in Bloemfontein. Geniet jul vakansie, die dae word ook al hoe korter.
13th July 2012

Het gewonder wat het van julle geword?
From Blog: Xi'an and beyond
11th July 2012

Hi Daar
Julle maak dat ek sommer verlang na my Japan trippie as julle so praat van die taal probleem dit was dieselfde in Japan. Was baie snaaks en het lekker tye gehad en dit was nogal 'n challenge om te toer maar lekker. Enjoy ek geniet die blog!!!
5th July 2012

Chinese kos
Proe hulle Chinese kos lekker as die in Bloemfontein?
5th July 2012

Chinese kos
Ja en nee. Meestal ja.
5th July 2012

Hi
Sjoe die water en natuur en alles saam is so mooi! Geniet die hitte die naweek is dit weer 11 ° C en 13 ° C hier by ons, lekker koud en die stormers speel mos hier in bloem en eddie hulle wil gaan kyk, volgens die weer gaan dit reen ook!! Kan julle darem die rugby kyk die naweek??
5th July 2012

Rugby
Hi daar, nee geen rugby vir ons nie. Sien net die scores na die tyd. Sterkte met die koue en nat weer vir die rugby.
3rd July 2012

Dit lyk great!!!!
Geniet dit Elmarie en Spreeu. Hierdie trip lyk na 'n baie goeie belegging. Enjoy! Sal jul dophou so van die kantlyn af ha ha!
3rd July 2012

Hi Mia
Dis baie lekker so ver. Ons geniet ons gate uit. Kan net nie Facebook in China nie. Die goewerment blok dit blykbaar.
2nd July 2012

Whow!
Ek gaan volgende week kunstewees toe, dit klink net nie dieselfde nie.
2nd July 2012

Kunstefees
Geniet die kunstefees. Ek is seker jy sal so paar snaakse kreature te sien kry in die biertuin.
2nd July 2012

Wow
Wow dit klink fantasties, soos gewoonlik beny ek julle vreeslik. Geniet elke oomblik. Ek hoop nie julle het daai food with a bite geeeit nie?????
2nd July 2012

Kos
Hi Nelda, kos is heel ok hier, jy moet net jou kommin sense gebruik, en nie te wilde goed eet nie. Ons het nie daai skerpioene geëet nie, ons kyk dit maar net uit vir eers. Groete by die huis.
29th June 2012

hallo chinas!
sal jou nou leer dat wortels nooit goed vir enige mens kan wees nie hie hie! kan nie wag vir die fotos van die great wall nie!! lekker travel! zahn
2nd July 2012

Hi Zahn
Hallo doer onder innie Kaap. Hoop jy werk lekker. Stuur groete vir Paul
29th June 2012

hallo chinas!
sal jou nou leer dat wortels eet nog nooit goed vir enige mens was nie :) kan nie wag om die fotos van die great wall te sien nie!!
From Blog: Hallo my China!
25th June 2012

Ag lekker
Hi Ag lekker wens ek was julle!! Julle moet dit vreeslik geniet (soos altyd). Sjoe julle gaan lekker lank die keer. Sal definitief die blog geniet. Groete Nelda
22nd June 2012

Baie jaloers
Hi, Baie jaloers! Bly ek kan julle volg op jul trippie, kan baie interressant wees. Geniet elke oomblik!!!
5th August 2010
Spreeu met ons R20 bier op die eiland

Bier
Spreeu ai dit lyk darm lekker wat het van julle geword? Groete Michael
25th June 2008

Hallo
Eat your heart out! Ek sit lekker by die werk! Is darem op verlof, maar hier's so baie goed wat moet klaarkom dat ek nie kan wegbly nie. Gaan darem more Kaap toe vir die naweek. Geniet die toer. Dit lyk BAIE lekker!
23rd June 2008

Tifoon
Hi julle ek het gelees van die Tifoon daar in die Fillipyne!! Dit is darem 'n entjie van waar julle is of hoe? Hier het dit vreeslik gehael vrydag (20/06/2008), dit het soos sneeu gelyk en het dwarsdeur Vrydagnag geys gebly en eers hier van 10:00 saterdagoggend af by ons huis begin smelt. Groete uit BFN
19th June 2008

Hi julle twee
Hi Dit klink heerlik en die fotos is baie mooi en maak my sommer jaloers. Weet nie of julle gehoor het dat dit alweer aan die suidkus oorstroom nie, julle moet sien hoe lyk margate, die strate was onder water en van die trappies by die wimpy en weggespoel. Hier is dit lekker koud en het die wind vreeslik gewaai gisteraand en dit het gereen. Geniet julle sonskyn weer en stuur weer fotos. Mooi bly!

Tot: 0.105s; Tpl: 0.01s; cc: 15; qc: 41; dbt: 0.0402s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb