Vakansie!


Advertisement
Thailand's flag
Asia » Thailand » South-West Thailand » Phuket
July 17th 2008
Published: July 17th 2008
Edit Blog Post

Hello julle,

Slegs ‘n week later en ons voel of ons al ‘n maand weg is. Hier is ‘n kort samevatting oor wat ons hier in Thailand doen.

8 Julie, Dinsdag

Layla vlieg die oggend en ons gaan sien haar af by die lughawe. Ons vertrek die aand vanuit Dubai na Bahrain. Een uur “stopover” en ons is oppad Bangkok toe. Ons kry gelukkig vir Layla in die hande op “roaming” terwyl ons daar wag en sy het veilig by Jossie in Kaapstad aangekom. Nou kan my siel rus en ons is terug op die vliegtuig. Ons kom vroegoggend in Bangkok aan en dit is lekker om iewers te wees waar ons nog nooit was nie. Kry ‘n lekker hotel (Centre Point) en begin die plek verken. Die mense is beslis meer ge-“gear” vir toerisme en die hotelle is BAIE beter as in Malaysie. Die vervoermiddels soos busse en taxi’s en natuurlik die tuk-tuks is nuut en mooi en ‘n “far cry” van die waarin ons moes ry in Malaysie. Ek en Bennie was al in 28 lande en ons het gereken dat ons nou enige aksent kan baasraak, maar ons was verkeerd. Die mense hier praat moeilik en kap woorde in half. Jy moet maar raai wat hulle probeer sê.
Ons was op ‘n “City Tour” en sien ‘n soliede 5 en ‘n half ton Buddha gemaak van goud. “Unbelievable”!
Ons sien “deep fried” kakkerlakke, springkane, paddas en wurms. Dit is glo ‘n gesonde en protein -belaaide alternatief vir “junk food”. Yeah right! “As if” ons ooit so iets sal eet. Eeeww!
Gaan kyk ook hoe hulle diamante slyp, gaan bekyk die “monks” in hulle borrie geel laken “outfits” en sien die “reclining Buddha”.
Bier kos 10dhs! Ons is gewoont om 30dhs in Dubai te betaal. Vark-agtig lekker. Ek weet sommer ek gaan gewig optel omdat ons te veel bier gaan drink.

9 Julie, Woensdag

Vlieg Phuket toe. Patong Beach. Ons bly in ‘n splinternuwe hotel wat in die proses is van ‘n “soft opening” na die Tsunami. Die plek is fantasties en goedkoop. Die bad is reg langs die bed en die bad is so groot dat ‘n mens kinders kan leer swem daarin. Ek maak ‘n varkie van myself, gooi ‘n hele bottle “bubbles” in die propvol bad en lê met ‘n koue bier in die bad…..hemels! Dit is mos waarvoor vakansies daar is.

10 Julie, Donderdag

“Welcome to the home of tattoos and micro shorts”! Ek bedoel dit - “micro shorts”! Ek begin wonder, “why bother”, trek net jou bikini broek aan en loop rond. Waarom wil jy nou nog iets bo-oor aantrek? Hier loop baie min mense rond wat nie iewers ‘n tattoo het nie.
Patong is wonderlik dekadent. Die Thailandse “girls” is moer “sexy” en ek kan heeltemal verstaan waarom daar om elke hoek en draai ‘n middeljarige westerse man rondloop met ‘n jong Thai meisie aan sy sy. Hulle oefen nie eintlik nie, maar hulle het fantastiese lywe en hulle beweeg die heeldag rond - speel met hulle hond op die strand, gooi frisbee of swem. Regtig, hulle lyk goed. Hulle is natuurlik mooi, dra geen of min grimering en hulle oë lag saam met hulle monde. Hulle is nie “stuck-up” en “bitchy” nie en hulle kan almal “massage”. Wat wil ‘n man dan nou meer hê as ‘n gewillige meisie aan sy sy wat nooit PMS het nie! “Girls”, daar is “scope” vir verbetering!
Die atmosfeer in Patong laat my dink aan Griekeland in die somer. Aangename weer, baie “topless” meisies en amper ‘n erotiese en sensuele atmosfeer in die aand. Jy sien die “working girls” orals, maar dit is diskreet genoeg sodat ‘n mens jou kinders na die plek toe kan bring. Hier is ook baie “lady boys”. Hulle is “girls”, maar eintlik ouens. Hulle lyk nes meisies, maar hulle het diep stemme. Hulle is “weird”, maar ‘n mens dink nie aan hulle as transvestiete nie, want hulle is altyd “girlie”, nie net wanneer hulle soms op “dress” nie.
Jy kan ‘n “full body massage” kry vir 25 dirhams! Hulle bied selfs ‘n “happy ending massage” vir mans - ek hoef seker nie uit te brei nie! (Dis nou die Thai meisies en nie die “lady boys” nie!”
Op die strand het jy ‘n ou wat regstaan om enige iets vir jou te doen. Skuif die sambreel bietjie links, vee die stoel af wat vol sand geword het en bring ‘n koue bier. Heeltemal gewillig, - vir ‘n appel en ‘n ei. Man dis lekker hier. Ek wil definitief weer hiernatoe kom - dalk nog hierdie vakansie weer! Patong is “my kind of town”. Ek tree sommer hier af! Dis fantasties hier!

11 Julie, Vrydag

Waarskynlik een van die opwindendste dae van enige vakansie nog. Ons huur ‘n jetski en ek ry vir die eerste keer alleen in die see daarop. “Exhilirating”. Benjamin is soos gewoonlik maar bietjie skrikkerig, maar hy ry saam met Bennie en geniet dit. Ruben - sy ou goeie waaghalsige self - wil sommer self bestuur, maar ons besluit daarteen. Waar kry die kind sy wilde gees vandaan?
Ek besluit ek is nou in ‘n baie “adventurous mood” en gaan doen “parasailing”. Wow! Dis al wat ek kan se. Dit is moer “cool”! Erg lekker! Dit is waarvoor ‘n mens lewe. Patong sal vir ewig in my brein bly.
Met tattoo “parlours” om elke hoek en draai, kan ek dit nie weerstaan om nog ‘n tattoo te laat doen nie. Dit raak nou ‘n instelling dat ek elke vakansie ‘n nuwe tattoo laat opsit. Nou mag ek vir 7 dae nie swem nie, maar dit is oraait. Ons vakansie is nog lank en ek vang nou maar ‘n “tan”.

12 Julie, Saterdag

Ons laaste dag in Rayaburi hotel in Patong en ons koop so ‘n paar “soeweniers”. Hulle het DSTV en die seuns en Bennie is in hulle sewende hemel, want die Bokke speel teen die Kiwis en ons wen! Baie bier in ‘n “Aussie bar” later en ons maak Afrikaanse pelle. In Thailand het hulle Bacardi Breezers in Litchi en Rasberry “flavour” wat ek nog nooit gesien het nie.
13 Julie, Sondag
Vertrek na Karon Beach (ook op Phuket) met al ons bagasie op ‘n tuk-tuk. Ons bly in die Hilton en Bennie is bly oor die “gym”. Hy is op ‘n “mission” met sy oefenprogram en die seuns kan speel by die “kids club”. Die plek se naam is “KIDZ PARADISE” en dit is regtig ‘n paradys vir kinders en ouers. Die kinders doen elke uur van die dag iets daar en die ouers lê rustig langs die swembad of spandeer tyd alleen in die kamer met die wete dat die kinders veilig is en ge-“entertain” word. Hulle skiet ook ‘n waarskuwingskoot voor die kinders by die kamer opdaag, want hulle bel jou om te laat weet dat die kinders nou gaan terugkom kamer toe. Ai maar hulle is goed ge-“train”. Die seuns het al die volgende aktiwiteite daar gedoen: ‘n fietstoer om die hotel, Thai klasse om ‘n paar Thai woorde te leer, batik t-shirts gemaak, palmblare gevleg, gestoei, tafeltennis gespeel, Playstation gespeel, Thai speelgoed gemaak en hand “puppets” gemaak. Hulle is beslis minder verveeld as in Patong waar hulle op die strand moes sit en kyk hoe ek en Bennie bier drink.
Ek is lui en doen met uiterse moeite my “sit-ups” wat ek myself belowe het ek sal elke dag doen, al is dit nou ook al oefening wat ek kry. Hulle het elke dag water aerobics en gelukkig vir my tattoos mag ek nie swem nie. Geldige verskoning. Dit is lekker om te kyk na die klasse sodat ek kan sien of ek iets nuuts kan leer vir my klasse. Bennie wil hom doodlag, want ek het met oortuiging gese: “Jippie, water aerobics!...ek kan nou kyk”…en beslis nie doen nie…luigat!!
In my rebellie oor ek laasjaar hierdie tyd in Malaysie “Diagnostic Teaching” moes deurlees, val ek uit die bus uit en lees ‘n Danielle Steel boek. Ag, te lekker! Bennie bestel vandag sy nuwe boeke en dit word oor 3 dae uit Australie hier by die Hilton afgelewer. Hy gaan aan met die “swottery”, maar ek het nou eers genoeg gehad. “Bring on the soppy love stories”!

14 Julie, Maandag

Karon het minder naglewe en hier is dit meer ouer mense en hulle kinders (amper soos ons). He-he. Nogal “boring”, maar ek kry tyd om my vakansie journal te doen en foto’s af te laai. Ek lees nog ‘n boek en is bly dat ons bagasie minder word soos ek die boeke weggooi. Die seuns koop allerhande “crap” wat ons later gaan moet ronddra. Ek het nog net een “skirt” en een toppie gekoop en ek is nogal trots op myself daaroor. (Okay, en 2 handsakke). Baie goedkoop hier en ek is oortuig dat van my Dubai klere in Thailand gaan agterbly. Ek het ook klein ornamente gekoop wat op my kas (wat Bennie so verpes) in die sitkamer gaan pryk. (‘n Buddha en ‘n tuk-tuk). Ek is ‘n “shameless” toeris. Ek gee nie om nie. Dis my eerste keer hier. Dit is so ‘n bietjie van ‘n “time warp”, want orals speel hulle 70’s musiek. SLADE is blykbaar een van hulle gunstelinge, “Eye of the tiger” hoor ons elke dag en natuurlik ABBA. Ons het dieselfde ding in Malaysië agtergekom toe ons daar was. Ek dink al die nuwe CD’s het weggespoel met die Tsunami.

15 Julie, Dinsdag

Ons het Karon nou al lekker uitgekyk en weet waar ons lekker en goedkoop kos kan koop. Die Hilton se ontbyte is “great” en as jy te lui is om op te staan vir ontbyt, dan bring hulle vir jou “breakfast in bed” en jy kan selfs kies hoe lank hulle jou eier moet kook voordat hulle dit kamer toe stuur.
Ons het ‘n lifelike “view” van die see van ons kamer balkon af en dit is lekker om net te sit en ontspan. Ek en Bennie het die bottel Amarula nou klaar gedrink waaraan so swaar rondgedra het. Hopelik word die tasse ligter.

16 Julie, Woensdag

Ek is te lui om vandag iets te skryf. Ek probeer weer môre.

17 Julie, Donderdag

Ek weet nie of “wolkbreuk” en “breukdeel van sekonde” iets met mekaar te doen het nie, maar hier is beslis ‘n “connection”. Een oomblik “tan” jy nog en die volgende hardloop jy vir ‘n sambreel. Die rëen is onmiddellik en hard, maar nie aanhoudend. Selfs al rëen dit, is dit warm en die seuns swem te heerlik in die rëen. Net so gou soos dit kom, is dit verby. Dan skyn die son weer en die lewe gaan aan.
Ek het vandag die “unthinkable” gedoen en “squash” gespeel en “gym” toe gegaan. Nou is ek weer vry van skuldgevoelens vir die volgende week. Ek gaan nou ‘n koue bier drink!

Ek skryf later weer vir julle wat ons doen.
Songroete vir nou.

Liefde

Zelda




Additional photos below
Photos: 57, Displayed: 30


Advertisement

Bangkok '08 212Bangkok '08 212
Bangkok '08 212

Oorgewig betaal oppad na Phuket
Bangkok '08 227Bangkok '08 227
Bangkok '08 227

Ruben op sy beste
Patong, Phuket '08 005Patong, Phuket '08 005
Patong, Phuket '08 005

Stoei sessie op ons bed
Patong, Phuket '08 006Patong, Phuket '08 006
Patong, Phuket '08 006

Dis mos hoe dit gedoen word!
Patong, Phuket '08 008Patong, Phuket '08 008
Patong, Phuket '08 008

Kan nog steeds nie 'n wit handdoek of 'n wit japon weerstaan nie!
Patong, Phuket '08 035Patong, Phuket '08 035
Patong, Phuket '08 035

Mc D's roomyse..wat dan nou anders?


18th July 2008

Tattoo...
Geen mens kan sien wat is op daai tattoo nie? Slang, draak, 'n lang ding...wat? Sit bietjie 'n close-up op. O ja, nog iets, vra net vir Bennie wat is die sorie met daai jeans. Hel, dis seker baie warm daar waar julle bly.. Lovies, Geniet dit..

Tot: 0.065s; Tpl: 0.013s; cc: 6; qc: 44; dbt: 0.0372s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb