Blogs from Mookgophong, Limpopo, South Africa, Africa

Advertisement

Africa » South Africa » Limpopo » Mookgophong March 23rd 2009

Hallo! Ons het ons blog weens baie af-tye van hierdie aanbieder, na 'n ander aanbieder verskuif. Gaan na www.fsa-youthexchange.co.za/africaourhome.htm Hi! We moved our blog to another provider due to the many times the blog wasn't available at the present server. Please go to www.fsa-youthexchange.co.za/africaourhome.htm... read more

Africa » South Africa » Limpopo » Mookgophong March 16th 2009

Sondag 15 Maart 2009 Gister het Africa our Home 'n stukkie nader aan realiteit gekom toe ons vier deelnemers vir die eerste keer ontmoet het. Lizelle en Marizanne het vroegoggend van Kaapstad ingevlieg, en Inge en Annami het van Pretoria ingeblits gekom. Net Anja was nie daar nie, wat 'n mens kan verstaan. Duitsland is 'n bietjie ver van hier. Ons het die dag op die plaas van Gerhard en Nettie de Villiers deurgebring. Hul dogter, Elmarie, was 1994 een van ons uitruilstudente. Hier is so lank 'n paar foto's van die span. Beter foto's is op pad! ... read more
Lizelle
Marizanne
Inge

Africa » South Africa » Limpopo » Mookgophong March 11th 2009

Oor twee maande is AoH op pad! As alles goed gaan, is ons vanaand oor twee maande net suid van Lusaka by die Eureka kampterein. Die voorbereidings loop goed. Almal is ingeënt. Sondag kom ons almal bymekaar. Dinsdag word al die visumaansoeke ingehandig. Die enigste haakplekkie, net 'n klein haakplekkie, is: Hoe kry ons die Toyota terug Suid-Afrika toe? Dit was die kleinste van my bekommernisse. Alles was mos gereël. Toe word die skeepsverbindinge ingekort en die Toyota se vervoerskippie verdwyn in die niet. Daar is vir alles 'n oplossing. Terugry klink al hoe beter. As julle al die Alchemist gelees het, sal julle verstaan hoekom ek nie bekommerd is nie. 'n Nuwe rigting is dikwels beter, opwindender. Wie weet wat nog alles op ons pad gaan kom. Ek het bo-aan die bladsy www.fsa-youthexchange.co.za/africaourhome.htm nuwe foto's ... read more

Africa » South Africa » Limpopo » Mookgophong March 6th 2009

Stof, hitte, en 'n yskoue Pepsi.... read more

Africa » South Africa » Limpopo » Mookgophong March 5th 2009

Die Nubiese woestyn (Sahara) en die woestynbewoners was vir my verlede jaar die hoogtepunt van my reis. Dit was die hardste en lekkerste ervaring. Sedertdien laat die woestyn my nie los nie. Hier is 'n vertelling oor die woestyn wat ek opgetel het. 'n Moderne mens het in die woestyn verdwaal. Die genadelose son het hom uitgedroog en verbrand. Hy het 'n oase in die verte gesien. "'n Lugspieëling", het hy gedink, "wat met my die spot dryf". Hy het verder gestrompel. Die oase het nie verdwyn nie. Hy het dadelplantasies gesien. "Dis 'n hongerfantasie", het hy gedink. Kort daarna het twee Bedoeine hom gevind. Dood. "Kan jy dit verstaan?", het die een gevra. "Die dadels was so naby aan hom, byna by sy mond. Hier lê hy, by die fontein, verhonger, verdors, dood. Hoe is ... read more

Africa » South Africa » Limpopo » Mookgophong March 5th 2009

PRESS RELEASE Sudan reiterates its well known position to never turn Sudanese citizens for trial abroad. It has not ratified the ICC treaty & consequently the court has no jurisdiction over the country or its citizens. The logic is straightforward and simple: Sudan is not party to the court statute, hence the country owes no treaty obligations to the ICC. However, the country is keen to end impunity. We emphasize the fact that Sudan, as an independent and sovereign nation, is committed to the principle of prosecuting the perpetrators of Darfur crimes. The country is willing & able to prosecute all offenders. It has a capable, professional and impartial judiciary .We have full confidence in the Sudanese judiciary system’s ability to dispense justice. In this case, and according to the complementarity principle, the ICC does not ... read more

Africa » South Africa » Limpopo » Mookgophong March 3rd 2009

Die filosofie van reis is dat dit wat gebeur, nie altyd deel van die reisbeplanning is nie. Verlede jaar het ek my dood gesukkel om my motorfiets vanaf die Midde Ooste na Europa te kry. Ek het 'n paar wye draaie moes ry tot ek die regte geleentheid gekry het. Met die Toyota hierdie jaar het alles so maklik gelyk. Ek het reeds op 16 Oktober verlede die kwotasie gekry vir die terug vervoer van die bakkie Suid-Afrika toe. Vanmiddag het ek 'n kort e-pos uit Egipte gekry. Die woorde was kort en kragtig. "Dear Sir, I am sorry, but we stopped this service, and we do not do it anymore. Best regards Gehan Assaad" Skielik begin die adrenalien weer te pomp. Nuwe probleem nuwe oplossing. Dit vat vir my die filosofie van Africa our Home ... read more




Tot: 0.099s; Tpl: 0.004s; cc: 7; qc: 52; dbt: 0.0597s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb