Nog net een klein probleempie


Advertisement
South Africa's flag
Africa » South Africa » Limpopo » Mookgophong
March 11th 2009
Published: March 11th 2009
Edit Blog Post

Oor twee maande is AoH op pad! As alles goed gaan, is ons vanaand oor twee maande net suid van Lusaka by die Eureka kampterein.

Die voorbereidings loop goed. Almal is ingeënt. Sondag kom ons almal bymekaar. Dinsdag word al die visumaansoeke ingehandig.

Die enigste haakplekkie, net 'n klein haakplekkie, is:

Hoe kry ons die Toyota terug Suid-Afrika toe?

Dit was die kleinste van my bekommernisse. Alles was mos gereël. Toe word die skeepsverbindinge ingekort en die Toyota se vervoerskippie verdwyn in die niet.

Daar is vir alles 'n oplossing. Terugry klink al hoe beter.

As julle al die Alchemist gelees het, sal julle verstaan hoekom ek nie bekommerd is nie. 'n Nuwe rigting is dikwels beter, opwindender. Wie weet wat nog alles op ons pad gaan kom.

Ek het bo-aan die bladsy www.fsa-youthexchange.co.za/africaourhome.htm nuwe foto's gesit. Dit het vir 'n krieweling gesorg.

Groete!

Peace of mind is not a goal I need achieve.
It's a place inside I never want to leave.
Close my eyes, I still my thoughts and then I say
I will choose to live in peace today.
-- Robert Alan






Advertisement



Tot: 0.096s; Tpl: 0.013s; cc: 9; qc: 49; dbt: 0.0485s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb