再见北京 (Bye bye Beijing)


Advertisement
China's flag
Asia » China » Jiangsu » Suzhou
July 4th 2012
Published: July 5th 2012
Edit Blog Post

Sorry for all my english friends, but this one is in Afrikaans.

Ons laaste dag in Beijing het ons spandeer in die Lama Boediste tempel wat die grootste tempel buite Tibet is. Hier is baie pagodas met allerhande soorte boedas wat jy aan kan dink. Daar is tot een wat oor die 30 meter hoog is en uit een stuk soliede sandlewood gekerf is. Hy is ook heeltemal aangetrek met syklere. Hier was dit vrek warm, hier is op die oomblik 'n hittegolf in China, so,ons sweet lekker. Gelukkig het ons aircon in die kamer, en ook is daar darem so paar reuse malls waar jy kan gaan skuiling soek van die hitte. Ons was ook by die Confucius tempel. Baie rustig en kalm plek, maar nogsteeds vrek warm.

Volgende oggend het ons 'n taxi gekry na die treinstasie in Beijing (dit lyk omtrent soos 'n lughawe). Massief en baie modern. Hierdie China is darem maar vrek groot. Beijing alleen is so groot soos Belgie. Selfs die kleiner dorpies is massief, en is eintlik stede. Ek moet sê mens se perspektief oor grootte verander nogal as jy hier travel.

Ons het besluit om die bullet trein na Suzhou te vat. Dit is so bietjie meer as 1500km vanaf Beijing, en met die trein wat so teen 306 km/h ry was ons binne 5 ure daar. Dit kos omtrent so R600 vir 'n oneway. Wel Suzhou is veronderstel om 'n kleiner dorp te wees, maar glo my, dis massief. Hier is 77 miljoen mense in die provinsie. Van die treinstasie het ons met 'n taxi gery tot by ons hotel (30 minute, R40) wat ek op die internet gebook het. Dit is baie smart hier. So 4 ster vir net so R320. Holiday Inn Youlian. Hier is tot 'n swembad, gym, sauna. Lekker bederf ons onsself nou hier.

Suzhou is 'n baie ou stad, oor die 2000 jaar oud. En dit staan bekend as die Venesie in die ooste. Hier is 'n deel in die ou-stad waar jy met bootjies op kanale kan ry en die hele atmosfeer is nogal lekker hier. Suzhou is ook bekend vir die tradisionele chinese tuine met baie water features, rotse, klippe, dammetjies, bonsais. Die hele idee is om die atmosfeer rustig en kalm te kry, en glo my hulle kry dit amper reg. As dit nie was vir die hordes chinese toeriste wat daar deur strompel nie, elk met 'n toergids op 'n luidspreker, sou dit nogal gewerk het. Soos ek reeds genoem het is hier 'n hittegolf, vandag byvoorbeeld is dit 38 °C en die aanvoelbare temperatuur is 47 °C volgens my baie betroubare iPad. 12 uur die aand is dit dan nog 32 °C. Maar ons kla nie, ons drink net baie vloeistowwe en sweet verder dat die sop spat.

Die een sleg ding van om 'n westerling in China te wees, is dat jy soos 'n seer oog uitstaan. Veral Spreeu is 'n treffer met sy ligte hare. Ek kom darem nog so soort van weg, maar nie hy nie. Soms neem almal fotos van hom, en dan natuurlik weet almal sommer as jy aankom dat hulle nou sal moet engels gooi. So hulle vlug amper en jy kan sien hoe stry die winkel assistente met mekaar oor wie jou gaan help. Dit is ook soms so met taxis, hulle weier soms om jou op te tel, want hulle kan nie engels praat nie. En dan kan dit nogal lank vat voor jy by jou bestemming uitkom. Ons het darem nou al geleer, om die naam van waar ons wil gaan in chinees reg te hê. En weereens help ons translator baie.

Hier by ons hotel is darem ook 'n ou wat kan engels praat en goed vir jou kan reël. So ons gesels graag met hom om die fyner dingetjies uit te stryk. So het ons deur hom vandag gereël om na Tongli te gaan wat so 25 km van hier af is. Dit vat so uur met die local bus. Hy het toe vir ons kaartjies gekoop by die busstasie en ons is met die taxi vroeg vanoggend soontoe om die bus te vang. Hier is dit nogal lekker nag. Niks is in engels geskryf nie,maar gelukkig gebruik hulle dieselfde syfers as ons, so jy kan darem jou pad kry met baie kommin sense ingesluit. En verder vra jy maar, en beduie, en so kom jy tog reg. Ons lag nogal baie.

Tongli is ook 'n watertown met baie bruggies en kanale en baie ou geboue. Hier het ons lekker rondgeloop en ook met een van die bootjies op die kanaal gery. Baie baie baie warm vandag. Na so 5 ure daar het ons weer terug gekom met die bus, en na baie beduie en geluk weer in Suzhou uitgekom. Julle maar hier is regtig baie mense in China, by die busstasie het ons in 'n ry geval om 'n taxi te vang. Die ry was so lank dat ons 20 minute gevat het om voor te kom, en dan stop daar seker so 20 taxis per minuut om mense op te tel. Dis absoluut ongelooflik - en dan is die 'n relatief klein stad.

Ons gaan nog so 2 dae hier spandeer, dan skuif ons weer aan na Xi'an.

Tot later chinas!!

O ja ons kan nie facebook nie, die regering blok blykbaar die site.


Additional photos below
Photos: 15, Displayed: 15


Advertisement



5th July 2012

Hi
Sjoe die water en natuur en alles saam is so mooi! Geniet die hitte die naweek is dit weer 11 ° C en 13 ° C hier by ons, lekker koud en die stormers speel mos hier in bloem en eddie hulle wil gaan kyk, volgens die weer gaan dit reen ook!! Kan julle darem die rugby kyk die naweek??
5th July 2012

Rugby
Hi daar, nee geen rugby vir ons nie. Sien net die scores na die tyd. Sterkte met die koue en nat weer vir die rugby.
5th July 2012

Chinese kos
Proe hulle Chinese kos lekker as die in Bloemfontein?
5th July 2012

Chinese kos
Ja en nee. Meestal ja.
11th July 2012

Hi Daar
Julle maak dat ek sommer verlang na my Japan trippie as julle so praat van die taal probleem dit was dieselfde in Japan. Was baie snaaks en het lekker tye gehad en dit was nogal 'n challenge om te toer maar lekker. Enjoy ek geniet die blog!!!

Tot: 0.092s; Tpl: 0.012s; cc: 7; qc: 45; dbt: 0.0412s; 1; m:domysql w:travelblog (10.17.0.13); sld: 1; ; mem: 1.1mb