Colca canyon Die bussie moet ons tussen 7:30 en 8:00 kom optel. 8:05 wil ons die toer mense bel om te hoor of hulle miskien van ons vergeet het. Toe ons die booking vir die ou by ontvangs wys en vra dat hy hulle moet bel , was sy reaksie in gebroke engels: "No, not late, that is normal" 8:10 het hulle ons toe kom optel in 'n heel verbasende ordentelke bussie (Mercedes bussie) Die toergids het sommer dadelik oor altitude sickness begin verduidelik, en hoekom coca leaves kan help daarvoor...iets met alkoliedes uit te waai. Ons stop toe by 'n kleinwinkeltjie, en stock op met coca leaves, coca sweeties en mineraal water, reg vir die aksie!So teen 3500m het ons die coca leaves begin kou, jy moet 25blare op 'n slag kou, anders he
... read more