The second Munich excursion was a bit of a shambles, but thats what happens sometimes. A friend of mine, Nanyan Wang and I went to the big city with the goal in mind to go to church, to a charismatic church which we heard of from another african friend.
So the day started an hour late when we missed the first train (we missed it even before leaving the wohnheim, slow start to the day)
So toe is ons munich toe met die idee om na die Deutsches Museum toe te gaan, maar die plan het deur die mar geval toe ons besef dat ons net 1h daar sal kan spandeer en €3 vir die tyd is teveel. So toe is ons na die Marienplatz toe om ietsie te ete te kry, en daarna is ons kerk toe.
Jong, wat 'n Afrika ervaring. Dis jammer ek het geen fotos nie, (dit is immers 'n kerk) maar dit was iets wat ek nog nie beleef het nie. Vele Afrika vroue in hul Afrika rokke, helder kleure en groot hoofbedeksels. Imagine daardie Amerikaanse Tv predikers en voeg dan nou die Afrika geur by en dan is dit basies wat ons
beleef het. Was vir my nogal nuuts en my arme chinese vriend het net 'n uur uitgehou, toe loop sy, en eks noodgedwonge saam. Dis seker hoekom die Bybel sê ons moet bid vir wysheid, want alleen het ons dit nie, en om 'n chinese enkelkind na 'n Afrika Charismatiese kerk te neem is nie wys nie.
Elk geval, daarna het ons BMW besoek en bietjie gespeel op van die uitstallings wat hulle daar het.
Daarna is ons na die Olympia sentrum toe om net daar te wees. Toe ons daar aankom toe sien ons maar hier is baie mense met witgeverfde gesigte. Ek dag toe eers dis mime kunstenaars en dat hulle 'n hoed het vir geld, maar daar was so baie dat dit dan seker die wêreld saamtrek van hulle moes wees. Was toe 'n KISS (die band) konsert die aand in die olympia stadion.
Daar was ook 'n bmx bike kompetise die middag daar, en vele mense wat hierna kom kyk het. die hele idee van rustig langs die dam sit en die swane voer het toe nie gerealiseer nie. Moet sê, met die kombinasie was daar 'n hele paar vreemde karakters waarmee mens
Pro bikerEk wonder altyd hoe oefen mens vir sulke dinge?
jouself kon vermaak.
By die olimpia sentrum is daar 'n heuwel waarvan mens oor die stad kan uitkyk (blykbaar moet die hele Munich plat wees, maar die heuwels wat daar is is waar al die rommel na die 2de wêreldoorlog gestort is, baie rommel) Om die heuwel te klim was definitief die moeite werd (ek het dit alleen gedoen) Moet sê na 'n dag van rondhang en niks rêrig uitrig nie, was dit lekker om bietjie alleen te kon wees vir 'n tydjie.
Oppad terug het nog 'n verkeersblaps nou 'n komiese storie to gevolg gehad. Wanneer mens Munich toe gaan van Freising kan mens die S-bahn of die vinnige trein neem. (S-bahn staan vir schnell bahn, maar dit is seker die stadigste vorm van vervoer tussen dorpe) wanneer mens die S bahn neem, neem ek gewoonlik die U-bahn na Feldmoching (by die trein met die BMW's, uit 'n vorige blog) en klim daar op die S-bahn. dis wat ons die keer gedoen het. Ons timing was perfek en soos ons by die S-bahn perron aankom, was hy ook daar en moes ons effens hardloop om dit te maak. ek dink toe ek is slim en hardloop vir
die 2de trok (iewers split die trein en die voorste deel gaan Freising toe en die agterste na die Lughawe), sodat ek nie later hoef ook te klim nie. nanyan was iewers agter my, maar in die situasie maak elkeen mos net seker jy kom op. Elk geval, ne